Pastoor vas na hy meisie glo verkrag

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Pastoor van Sasolburg in die Vrystaat is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 16-jarige meisie.

Sers. Sellwane Mapamela, woordvoerder van die polisie, het gesê die 35-jarige pastoor het glo op 25 November verlede jaar die meisie geskakel en vir haar gesê sy dogter is siek en haar gevra om sy dogter te kom besoek.

Die pastoor het glo die meisie gaan oplaai en na ʼn woonstel in Vaalpark gery. Hy het die meisie glo na ʼn kamer gevat, haar klere uitgetrek en haar verkrag. Volgens Mapamela het die pastoor glo die meisie weer huis toe gevat. Sy het ʼn vriendin vertel wat gebeur het.

Die beweerde slagoffer is Woensdag by haar skool deur die skoolhoof en die verdagte se vrou gekonfronteer. Haar ma is na die skool ontbied en het later ʼn saak by die Vanderbijlpark-polisiekantoor aanhangig gemaak.

Die pastoor is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

zahn ·

Ek sê dit weer: ‘n Ware man verkrag nie. Ek bepleit weereens die terugbring van die doodstraf. Of die reg om die skuldige aan die gemeenskap uit te lewer, NADAT hy deur ‘n gekwalifiseerde hof skuldig bevind is. Baie minder kostes, tevrede gemeenskap, goeie afskrikmiddel vir toekomstige verkragters.

monika ·

Ek stem saam bring die doodstaf terug want hulle is nie meer bang vir tronk straf nie, hulle gebruik dit baie sodat hulle verder kan leer en ons (almal wat belasting betaal) sorg nog vir hulle .

scalla ·

Smaak my die pastoor se beradering het sy bedrading aan getas

pop ·

Daar gaan niks kom van die storie nie. Sy gaan kla nie self nie, haar vriendin vertel die storie. Hiers n groot slang in die gras of elders.

Tammy ·

Ai tog pastoor hoe kan jy jou gemeente so in die steek laat? Hulle het baie meer van jou verwag as dit….of het hulle dalk nie goeie dinge verwag nie? Dit laat n bitter smaak in die mond.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.