Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die seun het tussen April en Desember 2015 baie tyd saam met die pastoor (28) bestee in die Smuts Ngonyama informele nedersetting. Die seun is vir hoofpyne behandel.
Volgens Manatha is die seun in Desember weg by die pastoor om saam met familielede in Kaapstad te gaan bly. “Die familielede het tekens gesien dat die seun seksueel aangerand is en het hom daaroor uitgevra. Hy het beweer die pastoor het hom in sy huis verkrag,” het Manatha gesê.
Die pastoor het Vrydag vir die eerste keer in die hof verskyn, maar is nie gevra om te pleit nie. Die saak is tot 22 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek.
‘n Gerispelkteer man in die gemeentskap wat sulke ontoelaatbaarhede doen verstaan ek nie. Sal sekker moet verduidelikings verstrek. Jammer vir die seun wat so getroumstisaar is. Hoop jy kom goureg na mishhandeling.
Sluit hom toe sonder kos of water en gooi die sleutel weg. Geen kind mag so iets deurgaan nie.
Wolf in skaapklere …….
Jy vat ook nie jou kind na ‘n pasroor as hy hoofpyne kry nie. Hy is nie ‘n Dr nie.