Pastoor vas oor ‘Ponzi-skema’

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die direkteur van die Platinum Forex Group, ʼn beweerde Ponzi-skema, is in hegtenis geneem en Woensdag in die Bellville-landdroshof op borgtog vrygelaat.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê Colin Davids (48), ʼn pastoor by die New Direction Grace Ministries in Parow, is vroeg Woensdag in hegtenis geneem op aanklag van die beweerde oortreding van Fais- en bankwetgewing. Hy is op borgtog van R100 000 vrygelaat.

Davids word daarvan beskuldig dat hy ʼn Ponzi-skema bedryf het, waarvan die beleggers meestal regeringsamptenare is wat afgetree of bedank het. Die Platinum Forex Group se bates van R100 miljoen is in Julie 2015 gevries ná ʼn bevel van die Wes-Kaapse hooggeregshof. Die nasionale direkteur van openbare vervolging het die aansoek gebring.

Davids moet weer op 18 Januarie in die hof verskyn. Die Valke het lede van die publiek wat moontlik slagoffers was van die Platinum Forex Group versoek om kontak te maak met die ondersoekbeampte lt.kol. Hardenberg by 021 918 3354 of [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pastore se tiende ·

Meeste pastore bedrieg die gullable met stellings soos jy moet betaal en betaal om “gebless” te wees.

Gerd Lourens ·

En die gierige “beleggers” trap elke keer in dieselfde strik.

Nico K ·

Ek dink darem nie ons moet nou veralgemeen en sê meeste pastore is so nie. Daar is die wat net agter geld aan is, en dit gee die res wat die werk vir die regte redes doen ‘n slegte naam.

Rudolph ·

Stem saam daar is baie eerbare mense in die bediening om te veralgemeen is ontoepaslik veral op sosiale media

Cheryl ·

I Firmly believe in “Innocent until proven guilty ”
Q- Why only arrest him after a year.
Or is this another personal attact from “Die Vlake” on another innocent man… Just Asking

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.