Pastoor vas vir verkragting, mensehandel

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

ʼn 54-jarige pastoor is Sondag in Bloemspruit, Vrystaat, in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn vrou twee dae lank in sy huis aangehou en herhaaldelik verkrag het.

Kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke, sê die pastoor het oënskynlik Vrydag aangebied dat die slagoffer as huishulp vir hom werk. Hy het haar ook gevra om die aand na sy vierjarige seun om te sien terwyl hy glo ʼn kerkdiens in Thaba Nchu bywoon.

“Die pastoor het egter nie die aand na die kerkdiens toe gegaan nie, maar tuis gebly,” sê Singo.

“Na wat verneem word, het hy die slagoffer die Vrydag- en Saterdagaand herhaaldelik verkrag. Sy het glo gepleit om huis toe te gaan, maar hy het geweier om haar te laat gaan.”

Die slagoffer het Sondag die pastoor se selfoon in die hande te kry en die polisie gebel. Sy het daarna met die selfoon en die pastoor se seun gevlug.

“Die saak is aan die Valke oorhandig, wat toe die pastoor by sy huis in Lakeview, Bloemspruit, in hegtenis geneem het. Die polisie het tydens die inhegtenisneming ʼn voertuig, wat vroeër as gesteel aangemeld is, teruggevind.”

Die pastoor sal na verwagting Woensdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Hy staan tereg op aanklag van verkragting, mensehandel en die besit van ʼn gesteelde voertuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frank ·

Ja, satan val nie die kerk van buite af aan nie, maar van binne af. Weereens ‘n sprekende voorbeeld.

Anoniem ·

Valse Profeet. Genadiglik het die vrou wat hy as “huishulp” ingeneem het kop gehou en baie trane vir ander gespaar. Selfs die arme kindjie se lewe gespaar van wie weet wat alles kon plaasvind. Jy is ‘n heldin!

E ·

Geen “bail” nie, ons almal weet wat mense in daai tyd aanvang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.