Pastoor vas wat meer as 230 km/h jaag

Argieffoto” ‘n Mercedes Benz S350.

Die Gautengse verkeerspolisie het ʼn 51-jarige pastoor in hegtenis geneem wat glo teen meer as 230 km/h in sy Mercedes Benz S350 gejaag het.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, het Woensdag gesê die pastoor is Dinsdagaand op die N1-snelweg naby Vanderbijlpark deur die verkeerspolisie se hoëspoedeenheid betrap waar hy ʼn algemene spoed van 236 km/h in ʼn 120 km/h-sone gery het.

“Die bestuurder is naby die Barrage gedwing om stil te hou, waarna hy aan beamptes gesê het hy is haastig op pad na Kroonstad in die Vrystaat om sy dogter op te laai wat daar vir hom wag,” het Nxumalo gesê.

Die man is net daar in hegtenis geneem en na die Barrage-polisiestasie geneem waar hy van roekelose bestuur en dat hy die spoedgrens van 120 km/h oorskry het aangekla is.

Hy is later op borgtog van R1 000 vrygelaat op die voorwaarde om eersdaags in die Vanderbijlpark-landdroshof te verskyn.

Die Gautengse verkeerspolisie het motoriste gewaarsku om by die spoedgrens te hou omdat die hoëspoedeenheid met die oog op die komende Paasfeestydperk op hoë gereedheidsgrondslag is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Jan Nel ·

As die pastoor nou Bybels was en sy meester se voorbeeld gevolg het, sou hy op ‘n donkie gery het en dan was daar nou baie minder moeilikheid.

TiendeGee ·

Nou sien julle wat die ‘pastore’ koop met julle tiendes.

TiendeGee#2 ·

Johannes – ek sal dit sommer PERTINENT vir jou se – vele ‘pastore’ se (groot) rykdom kom van emosionele opsweping van gemeentelede om hulle beursies oop te maak. My eie ouers was die slagoffers van sulke gawe mense, en het letterlik die ‘laaste oortjie’ oorbetaal. (Klink my jy is dalk ook vatbaar, wees maar versigtig.)
Verder – dit het my so afsku gegee dat ek basies julle geloof-skynheiligheid vaarwel toegeroep het.

Cherokee ·

Interessant dat verkeersoortreders se werkstatus van nou af aangedui gaan word tydens publikasies daaroor. Hoe lank julle daarmee gaan volhou sal interessant wees om voor op te let.

TS ·

So omrede jou dogter wag waarvoor jy laat is jaag jy soos ń besetene. Sluit toe vir ten minste die aand om volgende dag sommer in die hof te verskyn.

ontevrede leser ·

bekyk die video behoorlik, sien jy enige bestuurder?, “nee”, hy was besig om die versneller pedaal te probeer losmaak waar dit agter die vloermatjie vasgehaak het !!!!!!!!!!!

Regtig? ·

ontevrede leser, hoe lanklaas het jy ‘n Mercedes gery? Die versneller se pedaal kan op geen manier vashaak aan die vloermatjie nie……. en selfs al het dit op een of ander manier vasgehaak, is die elektroniese limiet van die Mercedes 250 km/h, hy sou nie net bloot 230 km/h gery het as die pedaal “vasgehaak” het nie.

HPV ·

Regtig , sekere kommentaar word maar tong in die kies gelewer. lees maar soms tussen die lyne.,

Bekommerd ·

Wat het toe van sy dogter geword? Hopelik veilig? Miskien was ek in die verkeerde beroep . . .

Ronel ·

Die ou grappie lui mos dat op 160 km /h klim die ou duiwel uit. Op 180 km/h klim Liewe Jesus ook uit.

Penellope Jones ·

Maar hoe gemaak as mens nou so vinnige motortjie het. . . . . . . . ?

Lerato ·

Kyk die kar. Vir party is pastoor wees n vreeslik goed betaalde joppie

Gawie ·

As dit ‘n spoorwegklerk was, sou Maroela nog steeds die berig geplaas het? En as hulle dit geplaas het, sou hulle sy beroep genoem het?

StemSaam ·

Ek stem 100% saam met wat jy nou daar sê. Dit lok nou net negatiewe kommentaar uit! Pastoor of nie, hul is ‘n mens soos almal anders.

Joe Hall ·

Ja StemSaam.
Ook maar Pastoor, ook maar mens en lus vir ‘n ou duur Mecedessie wat so vinnig kan hol.
Joe Hall

Elsa ·

Sjoe klomp oordeel gedagtes en negatiewe komentare, die man het oortree maar tel jul woordee , omdat dit ‘n “pastoor”is word tiendes genoem eat NIKS te doen het met motor wat hy ry, tiende is ‘n opdrag, doen dit en jy sal geseend wees…

GM ·

Elsa, elke belastingbetaler gee elke maand meer as hul tiende aan die regering.

Heksie ·

Elsa tiendes beteken heel iets anders as om pastore ryk te maak. Ek gee nie my 10de vir n kerk. Punt.

WIEBO ·

Arme gemeente…. Kyk wat koop die pastoor met julle tiendes????

christa ·

Wat maak dit saak of hy ‘n pastoor is. Dink hy die wet is nie vir hom nie? Vinnig ry is nie te se hy het roekeloos gery nie. Soek hulle net ekstra vuurhout teen die man. Jy kan roekeloos ry as jy binne die snelperk ook is.

christa ·

Die Bybel se jy moet jou tiende gee aan die kerk. Wat die kerk daarmee maak het jy niks mee te doen nie. As jy ontevrede is oor die gee van tiendes, los dit liewer want die Here verfoei dit. Dis die kerkraad wat verantwoording daarvan moet doen. Pastore, word aangestel met vaste salaris. Dus wat hy daarmee doen is sy saak. Deesdae is enigeen ‘n pastoor, al is hulle leke pastore en glad nie die benaaming waardig is nie

Rupert Ashford ·

Probleem is baie van hierdie “pastore” se kerke het nie kerkrade wat die finansies beheer nie, dit word deur Mnr Pastoor mooitjies “binne die familie” gehou. Dit is verfoeilik om arm mense wat onder of net op die broodlyn lewe te vertel “die Here sal jou seen maar net as jy presies ‘n tiende elke maand vir my gee” en dan bou Mnr Pastoor vir homself moderne monumente en koop vir homself duur duitse motors daarmee – die Kerk se taak is om daardie geld aan te wend tot uitbreiding van die Koninkryk. Ek se nie die Pastoor moet ‘n 1949 Prefect ry nie, maar daar moet darem bietjie balans ook wees – dit word die “bediening” genoem so ouens wat daar ingaan se eerste doelwit moet sekerlik nie wees om ryk te word daaruit nie…

SjN ·

Verlede Sondag het ek my bier gestort toe die pastoor sy pyp aansteek gedurende die diens.

Ai Ai Ai! ·

Mense lees maar Maleagi 3 oor tiendes. Wat Christa se is waar. as die kerkraad die tiendes misbriuk sal hulle eendag gaan verantwoording doen, net soos ons vir wat ons met ons geld gedoen het. Dit gaan nie oor wie tiendes moet kry en wie moet gee nie. Dit gaan oor gehoorsaamheid aan die word. Baie gaan eendag die hemelpoorte mis nie deur hul dade en sonde nie maar deur ongehoorsaamheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.