Pasverkose burgemeester sterf tydens sitting

Mzimkhulu (Scara) Njadayi (Foto: Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit/Facebook)

Die pasverkose burgemeester van die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap is dood nadat hy Woensdag tydens die eerste sitting van die nuwe burgemeesterskomitee inmekaargesak het.

Die munisipaliteit het sy skok uitgespreek oor die dood van Mzimkhulu (Scara) Njadayi. “Ons wil namens die munisipaliteit ons meegevoel betuig aan die Njadayi-familie en sy kollegas in die ANC.”

Volgens die munisipaliteit sal verdere besonderhede bekend gemaak word na oorlegpleging met Njadayi se familie.

Njadayi het van 2018 tot Oktober vanjaar as speaker van die munisipaliteit gedien voordat hy verlede week as burgemeester verkies is.

Loyiso Magqashela, woordvoerder van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee, het gesê die land het ʼn leier van ongeëwenaarde toewyding verloor.

“Ons betuig ons innige meegevoel met die Njadayi-familie en sy kamerade en kollegas in die Sarah Baartman-distrik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Belinda ·

Wonder of hy ingeënt was…. so gaan almal begin omkap soos vlieë. (O ja, dit sal nie in die media gese word as dit die rede was)

Innige simpatie aan die famile.

annievantshwanie ·

Wou nounet dieselfde se! Ek maak en tel maar my eie somme, daar is skille voor baie se oe, so ek vind berusting in : “wie ore het sal hoor, wie oe het sal sien” verder is daar niks wat niemand sal oortuig nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.