Patel moet beperking op aanlyn verkope regverdig, eis DA

Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid (Foto: Ayanda Ndamane/African News Agency/ANA)

Die Demokratiese Alliansie het Maandag gesê Ebrahim Patel, die minister van handel en nywerheid, moet sy besluit, om beperkings te plaas op Suid-Afrika se e-handelbedryf tydens die Covid-19-afsonderingsperiode, regverdig.

Dean Macpherson, die DA se skaduminister van dieselfde portefeulje, het gesê die party het die portefeuljekomitee oor handel, nywerheid en mededinging, genader en versoek dat Patel die beperking moet regverdig.

“Die minister het gesê e-handel sal nie toegelaat word nie, omdat dit ‘onregverdig’ sou wees teenoor spazawinkels, aangesien hulle gesluit is. Dit is nie die geval nie,” het Macpherson bygevoeg. Hy het gesê die minister het nog nie ʼn “logiese rede” gegee vir die beperking nie.

“Inteendeel, die minister het Vrydag tydens ʼn parlementêre komiteevergadering gesê riglyne kan dalk die geleidelike uitbreiding van e-handel toelaat, as mens die behoefte in ag neem om beweging op paaie, kontak tussen mense, uitdagings vir wetstoepassers en die impak op ander ondernemings in ag neem.”

Macpherson het gesê dit is noodsaaklik dat Patel die land in sy vertroue neem en besonderhede verskaf oor die riglyne en wanneer dit uitgereik sal word.

“Die voortgesette verbod op e-handel is nie volhoubaar nie en daar is nie ʼn rede daarvoor nie. Dit is tyd dat ons daad by woord voeg as ons die vierde industriële revolusie in ag neem en e-handel bevorder. Die parlement het al baie oor dié nuwe revolusie gepraat en dit is nou die ideale geleentheid om sy oorsigtelike magte te gebruik om die minister oor te haal om sy siening te regverdig en ʼn pad vorentoe te eis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rina ·

Ag ek gee moed op. Hier is ‘n groot skroefie los iets is aan die gang.?! Is ons Afrikaners dan so dom? Ja ek is.

Jan ·

Verstaan ek reg . Ek kan n take away aanlyn bestel en hulle kan kom aflewer. Maar ek mag nie e-handel nie????

Michael 1 ·

Dit begin meer en meer lyk na n komplot van die regering omrede hulle n verskuilde agenda het as noodmaatreëls om n pandemie te bekamp.

Fedup ·

Well, it took this government a while to master virtual technology. What make us think they will ever be able to master the workings of e-commerce? Please people. Uneducated people always think they are the sharpest pencil in the box.

Kabous ·

Ha-ha, kyk nou net hoe micro-manage die ANC die proletariaat. Hul het SA klaar in die afgrond in bestuur. Nou vir die doodskoot. Dit is hoe goeie kommuniste maak: skep die probleem, blameer eksterne faktore vir die probleem, en tree dan self in met die bied van oplossings.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.