Patel verwelkom nuwe Coca-Cola-ooreenkoms

Argieffoto

Argieffoto

Die minister van ekonomiese ontwikkeling het Donderdag ʼn samesmeltingsooreenkoms tussen die Coca-Cola Beverages Africa (CCBA)-partye en die Suid-Afrikaanse regering verwelkom.

Volgens minister Ebrahim Patel sal die verbintenis aan die Mededingingstribunaal aanbeveel word wat betref die oprigting van Afrika se grootste koeldrank-botteleringsaksie.

Die departement het Donderdag in ʼn verklaring gesê die ooreenkoms tussen die CCBA-partye – SABMiller Plc, die Coca-Cola Company en Gutsche Family Investments – en die Suid-Afrikaanse regering, roer kwessies aan van indiensneming, toegang tot handelsverkoelingspasie vir kleiner mededingers, lokalisering van vervaardiging en insette wat in die vervaardiging van Coca-Cola-produkte en Appletiser-handelsmerke gebruik word, ekonomiese bemagtiging en die lokalisering van die hoofkwartier.

“Die partye onderneem om seker te maak dat die entiteit sy algehele vlak van die aantal permanente werkers vir minstens drie jaar behou van die datum waarop die ooreenkoms aangegaan word,” het Patel gesê.

Die departement het gesê die ooreenkoms sluit ook die aantal verbintenisse in wat in ooreenstemming is met die Suid-Afrikaanse regering se nasionale planne. Die partye verbind hulself tot die breedgebaseerde bemagtigingseienaarskap van CCBSA tot 20% en die verkope van ʼn 20%-aandeelhouding in Appletiser South Africa aan swart aandeelhouers, van wie dit verwag word om aktief deel te neem aan die onderneming.

Patel het in die verklaring gesê die ooreenkoms bied die basis vir dieper industrialisasie in die Suid-Afrikaanse ekonomie. “Werkskepping en die ontwikkeling van klein ondernemings is ʼn lewensbelangrike deel om ʼn meer inklusiewe ekonomie te bou. Die verbintenisse deur die samesmeltingsmaatskappye sal toegang tot verkoelingsruimtes bied binne kleiner spaza-winkels en kleinhandelafsetpunte deur mededingende handelsmerke,” het hy gesê.

Die partye kom ook ooreen dat werknemers in die onderhandelingseenheid nie onderwerp sal word aan onvrywillige afdanking weens die ooreenkoms nie en dat afdankings van senior personeellede beperk sal word.

Die maatskappye kom ooreen om R800 miljoen te belê om ondernemingsontwikkeling te ondersteun vir twee groepe entrepreneurs. Dit sal na verwagting lei tot ʼn bykomende 20 000 swart kleinhandelaars.

“Hierdie verbintenisse verseker dat die CCBA, wat sy hoofkwartier in Suid-Afrika sal hê, ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling in die land op verskeie noemenswaardige wyses sal ondersteun,” het Patel bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Grap ·

Ek wil nie negatief klink nie maar alles waaraan die regering vat se dae is getel gelukkig het ons darem Kingsley cola

John ·

‘n Koeldrankmaatskappy en die regering. Julle grap seker. Mense se verslawing aan suiker en oorgewig word aan die groot klok gehang, maar nou word werkskepping gekoppel aan oorgewig en swak gesondheid, deur die regering geseen. Gaan iemand ‘n paar bottels koeldrank, of so, in die proses as geskenk kry?

Berhalet Beukes ·

Totsiens Coca-Cola! Oor so 5 jaar sal julle nes die res… Leeg gesteel wees!

Drieks ·

Hulle het klaar die gas uit die twee liter cokes gesteel. Erg flou deesdae nes die Anc.

Frederik ·

‘n Kommunistiese regering in die koeldrankbedryf!!!? Slaan my dood met’n vuurhoutjie.

Pappa Beer ·

Neewat Andre, jy sien mos daar “20 000 SWART kleinhandelaars”. Ek sal maar by my soda-stream masjien bly.

Rudi ·

As dit regtig klein besigheidseienaars is wat voordeel gaan trek, mense wat regtig egtig deur die vorige bedeling sleg behandel is, dan is dit mos reg so. Hulle het ook geleenthede nodig. Maar ongelukkig weet ons hoe hierdie dinge werk. Rykes met regeringskonneksies gaan voordeel trek, en die voorheen benadeeldes bly benadeel. Wat ‘n klug.

Xa ·

Eks baie beindruk met die insig van die lesers hier, soos John en Rudi. Coke handhaaf n monopolie wat ware entrepreneurs in die spesifiek percent industriee se vervaardigingskant morsdood druk. Hulle sukses is agv enorme bemarkingsveldtogte wat geen klein entrepreneur ooit sal kan ewenaar nie, en hulle produk is baie sleg vir gesondheid. Dis irrasioneel om hulle naam met volhoubare ekonomiese ontwikkeling te verbind.

Johann Marx ·

Ek het onlangs vir Coke laat weet ek het iets ontdek wat die smaak van hulle produk honderd-voudig verbeter…..Mens noem dit “rum”. Hulle was nie beïndruk nie…

cobusp ·

1 litter klippies. 2 liter coke en my 3 liter ford……..nou praat ons besigheid……..cheers manne vat die naweek vas en geniet hom……

jenny ·

Ons opinies tel glad nie … Ons is nie deel van die rainbow nation nie, so ek maak myself deel van n higher calling, Jesus said i am going ,to prepair you a PLACE , and I am coming back, intussen wag ons biddend …
soos ek my benadeelde bure hoor se het , we going to take everything from them.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.