Patensie-plaasmoord: Beloning aangebied vir inligting

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Die Oos-Kaapse polisie bied ʼn beloning aan vir enige persoon met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die moordenaars van ʼn 68-jarige vrou.

Ivy Hobbs is op 23 Januarie wreed op ʼn plaas naby Patensie vermoor. Lt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê Hobbs was die dag alleen tuis op die plaas Oorlogspoort toe sy deur ʼn onbekende aantal aanvallers oorval en met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is. Haar familie het die aand omstreeks 22:45 op haar liggaam afgekom.

Volgens Swart is niks tydens die aanval gesteel nie.

Swart het gesê die polisie kon nog nie daarin slaag om verdagtes te identifiseer wat by die moord betrokke was nie. ʼn Beloning van R10 000 word aangebied vir enige persoon wat meer inligting oor die saak kan verskaf.

Inligting kan by ao. Johannes Noeth op 082 510 4419 of 042 283 8419 of by SAPD Crime Stop by 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Xa ·

Is dit n men’s of n dier wat n bejaarde persoon wreed vermoor?

marianne ·

Wat is die doel van moord??? Roof en verkoop is tot ‘n mate verstaanbaar. Want mense kry swaar. Maar waarom Moor??? Wat het die arme vrou gedoen om dit te verdien?
Alle plaas moorde is waansinnige haat!!! Die boere word gehaat!!! Waarom??? Die boere sorg dan vir die land!!!

Rynhardt ·

Bejaarde mense moet besef jy kan nie meer alleen op plase bly nie! Hulle gaan jou teiken, want jy is die perfekte teiken! Moordbendes gaan al hoe meer floreer! SA is die mees gewelddadigste plek ter wereld en gaan al hoe gevaarlike raak! Boere moet op en wakker wees en vuurwapens op hul dra ten alle tye!

Xa ·

Baie waar Ja. Mense wat plek het moet dink aan om akkomodasie aan oumense te verskaf, families moet die oumas en oupas inneem, en ignoreer hul wense om alleen te bly want dit is beslis nie in hulle belang nie.

Speedguard ·

Xa, het jy al probeer om ‘n boer en sy vrou te oortuig dat hul liefs in die dorp moet kom bly………..baie makliker gese as gedaan!

tamboti ·

R10 000 beloning beteken seker baie vir mens wat vir ‘n selfoon of paar rand sal moor? Maar dis min in vergelyking met ander hoe profiel sake!

Dries ·

Marianne , roof en plunder is die beloning vir hierdie gepeupel. Die moor en martel is die opdrag van barbare aan die stuur van die land , gesien in die lig van hul liedjies wat hul sing. Dit is dan ook ongelukkig nie net die boere wat sorg vir die land nie, elke verskaffer aan die boer is deel van die spens vir die land. Elke werkende persoon is ekonomies ingeweef in mekaar , so die boere is slegs een van die onmisbare skakels.Haat en hul onverantwoordelike uitlatings is direk verantwoordelik vir hierdie rasgedrewe uitwissings.

Theresa ·

Kon dit nie beter stel nie. DIs presies soos dit is. Wonder net wanneer sien die wêreldleiers dit raak en help om dit te staak.

Theresa ·

Roof en verkoop is ook geensins reg nie. Al kry mens swaar, steel jy nie ander se goed nie. Elkeen wat iets het, het daarvoor gewerk. Vir baie wat mens besit, het jy opgeoffer om dit te kry. Niemand het die reg om dit te steel net oor hy/sy swaar kry nie. Dit is in elk geval waar dit dan begin…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.