Patentbeskerming: Vrae oor regering se vermoë

Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

patentbeskerming vir Covid-19-entstowwe doeltreffend in werking te stel en te bestuur, bevraagteken.

Die minister vir handel, nywerheid en mededinging, Ebrahim Patel, het vroeër vandag tydens ’n vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee bevestig dat Amerika, Indië én ontwikkelende lande uit Afrika en Asië die verslapping of kwytskelding van patentbeskerming vir entstowwe ondersteun.

Volgens Patel het Australië, Nieu-Seeland en Kanada ook gekwalifiseerde steun beloof terwyl die Europese Unie sy standpunt voorbehou.

Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van handel, nywerheid en mededinging, sê nou terwyl  die regering gesprekke met farmaseutiese maatskappye en regerings voer om wyer steun te werf vir die kwytskelding van patentbeskerming vir entstowwe, sit Suid-Afrikaners met die gevolge van die swak hantering van vroeëre afsonderingsregulasies, die swak inwerkingstelling van die regering se entstofprogram en voortdurende korrupsie met Covid-19-hulpfondse.

Mulder sê selfs ’n tydsverloop van drie jaar voordat ’n verslapping of kwytskelding van patentbeskerming ingestel word, bring in dié stadium skrale troos.

“Die ANC met pres. Cyril Ramaphosa aan die hoof moet volle verantwoordelikheid aanvaar vir die verswakte vermoë waarmee Suid-Afrika die gevolge van Covid-19 moet beveg en vir die nadelige gevolge daarvan vir die ekonomie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wakkerslaper

Patente en vermoë is Westerse begrippe….

Samuel

Patel al weer aan die lieg?

Rian

Nog meer grappies. Die regeringsamptenare hoort op Comedy Central.