Patologiedienste word hervat in Gauteng

hof-hamer

Argieffoto.

Die Gautengse departement van gesondheid het ʼn hofbevel waardeur stakende beamptes van patologiedienste beveel word om hul pligte te hervat, verwelkom. Dié hofbevel raak volgens die departement al hul bekommernisse aan.

Forensiesepatologie-dienste in die provinsie is onderbreek ná minstens 40 lykshuiswerkers, hoofsaaklik van die Germiston-fasiliteit, op ʼn onwettige staking gegaan het oor ʼn formele opleidingsprogram.

Sommige werkers het verlede week skorsingsbriewe ontvang.

Die werkers het geweier om hul dissektering- en verwyderingspligte uit te voer. Begrafnisse kon dus nie gehou word nie aangesien hangende nadoodse ondersoeke eers voltooi moes word.

Die departement het Donderdag aansoek gedoen om ʼn interdik teen die stakende lede. Die interdik is Vrydag beteken.

Volgens die departement voer die werkers noodsaaklike dienste uit kragtens die Wet op Arbeidsverhoudinge en word derhalwe verbied om te staak. Die departement het ook die families van die oorledenes om verskoning gevra.

Hulle het verder laat hoor dat die beginsel van “geen werk geen betaling” vir die werkers sal geld.

Volgens die departement is hy toegewy daaraan om werksomstandighede te verbeter met die hulpbronne tot sy beskikking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.