Patoloog hou vol Susan het gehang

Dr. Reggie Perumal. Foto: ANA

Jason Rohde se regspan hou vol dat die tweede lykskouing wat op Susan Rohde gedoen is, toon dat sy haarself gehang het.

Dr. Reggie Perumal, die forensiese patoloog wat deur Rohde aangestel is om ʼn tweede lykskouing op sy vrou te doen, het Donderdag verder in die Wes-Kaapse hooggeregshof getuig.

Volgens Perumal is daar twee skraapmerke aan die regterkant van Susan se nek gevind. Perumal het dr. Akmal Coetzee-Khan, die staatspatoloog wat die eerste lykskouing gedoen het, daarvan beskuldig dat hy onbehoorlike waarnemings gemaak het deur nie die korrekte beginsels van patologie te volg nie.

Coetzee-Khan het bevind dat Susan dood is weens ʼn gebrek aan suurstof ná verwurging en versmoring.

Perumal het aan die hof gesê hy respekteer sy kollegas, maar het nietemin voortgegaan om Coetzee-Khan se bevinding te bevraagteken. Volgens hom is Coetzee-Khan se besluit om waarnemings op die toneel te doen voor die nadoodse ondersoek iets wat hy nog nooit in sy loopbaan ervaar het nie.

Volgens Perumal het Coetzee-Khan die grense van ʼn praktisyn oorskrei toe hy Rohde as verdagte geïdentifiseer het en selfs beveel het dat sy paspoort van die misdaadtoneel verwyder word.

Jason Rohde. Foto: Henk Kruger/ANA/African News Agency

“Dr. Coetzee-Khan het, nadat hy op die misdaadtoneel aangekom het, die waarneming gemaak dat die persoon versmoor het weens die bleekheid op die neuspunt en lippe. Ek kan nie insien dat dit ʼn objektiewe waarneming is dat die persoon versmoor is nie.”

“Ek sou waarneem of die gesigweefsel beskadig is en kyk vir tandafdrukke aan die binnekant van die lip.” Volgens Perumal is daar ook nie ʼn dissektering van die gesig gedoen nie en die organe nie fisiologies geëvalueer nie.

Volgens Coetzee-Khan se verslag op die toneel het daar speeksel by die oorledene se mond uitgekom. Perumal het hierop gesê dit is ʼn verskynsel wanneer iemand gehang word terwyl die persoon nog lewe.

Perumal het ook talle beserings aan Susan se liggaam gelys wat Coetzee-Khan volgens hom misgekyk of verontagsaam het.

Die saak gaan Maandag voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Al ·

Kan ñ derde opinie nie ingebring word nie? Dis moeilik as 2 professionele pataloë nie ooreenstem nie.

Cherokee ·

Vir ‘n leek klink die verdediging se patoloog (volgens hièrdie berig) meer bevoeg.
Volgens hièrdie berig word uitgewys omdat hièrdie berig nie sê wat die staatspatoloog se verdediging is teen die verdedigingspatoloog nie. Dit laat die vraag oop oor hoe die patologiese verslae sou gelyk het as rolle omgeruil gewees het.

leser ·

as susan haarself opgehang het, moes sy baie energie gehad het, jy hak nie net ‘n koord oor die badkamerdeur hak en spring op en af en maak dan die koord om jou nek vas nie, daar moes sekerlik n item onder haar gewees het waarop sy gestaan het en na die koord se vasmaak, die item uitgeskop het
waarom sal so ‘n pragtige vrou haarself ophang as hy oor die “tou” getrap het

RAFEL ·

daar is meer as een manier om jouself te “hang”; partial hanging. Ek self het nie geweet totdat n vriendin se dogter haarself met haar selfoonkoord “gehang “het. Skokkend maar waar.

Skerp ·

Leser, jy is skerp. Beide opsies dra goeie gewig. Ek het ook aan op en af spring gedink, maar dit klink lagwekkend belaglik, iewers sal jou kwaad en frustrasie moet verdwyn en oor die item wat sy daar moes plaas om van te spring is nerens melding gemaak, so metode 1.

WillieH ·

Aan “leser”: Jy verstaan nie lekker nie. Die vrou het eers die koord oor die hak gesit en toe dit om haar nek gedraai. Sy was in n half sittende posisie gevind. sy het van ‘iets’ afgespring of op “iets” gestaan nie. Wat die twee patoloee betref is dit skokkend om te dink as die rolle ansders om moes gewees het. Ja-nee….die een skiet sy seun dood buite sy voertuig ( sien hom aan as n midadiger) die ander skiet sy meisie dood (vermoed n inbreker). Die een word “voorwaardelik” op borg onstslaan die ander moet R 1 000 000 betaal !!!! “Anders om” is SA se voorland en ‘anders om” sal dit nooit weer dieselfde wees nie.

Koos ·

Mens kan sien party mense hier het te veel Clint Eastwood-rolprente gekyk en weet nou alles van hangmetodes af…

Hannelie ·

Natuurlik sal Perumal volhou dat Susan Rohde haarself gehang het…..Rohde het hom mos aangestel en seker ‘n aardige bedraggie betaal. Ek stel voor die staat kry ‘n 3de opinie. Want een van die twee ken dan nie hul werk as patoloog nie.

CAROL ·

Ek stem 100% saam. Dis mos Suid Afrika – mens kan als regkry en doen met geld!!! Vra vir n 3rde opinie

Nettie ·

@WillieH – die twee sake waarna jy verwys (die pa wat sy seun in hierdie week doodgeskiet het toe hy hom vir ‘n kaper aangesien het en Oscar Pistorius se saak) verskil van mekaar soos die maan van die son verskil.

Die pa-en-seun-geval was ‘n “misdaad” gepleeg onder vermoedelik-verdagte self-verdediging omstandighede, deur ‘n onbekende Jan Alleman wat ‘n gewone salaris verdien. Oscar Pistorius se misdaad is gepleeg deur ‘n baie bekende, welaf sport-persoonlikheid wie die gevolge van sy misdaad probeer ontduik het deur voor te gee dat hy Reeva in self-verdediging geskiet het.

Daarom die verskil in borgtogvoorwaardes en -bedrae.

Penelope ·

Sy was maar ‘n klein verfynde vroutjie wat maklik oorval kon word. Wonder of die neusbloeding nie afkomstig is van haar neus wat toegedruk was nie? Waar was die “skelmpie” tydens die gebeure? Ek se weer: skaam jou Mnr Rohde en jou skelmpie. Mag geregtigheid geskied.

anton ·

Dalk, net dalk is die Dr. Reggie baie goed in sy werk en die staat se patoloog nie so op datum soos Dr. Perumal nie.
Ek weet regtig nie wat die waarheid in die saak is nie maar hoop en glo dat die waarheid sal seevier.

Mathilda ·

Ek glo vas dat Rohde onskuldig is. Hy het tien teen een sy eie patoloog aangestel, omdat hy voor sy heilige liggaam geweet het hy het nie sy vrou vermoor nie en dat die staat se verslag nie korrek is nie.

Hahahehehiehie tjietjie ·

My punt is bevestig. Ek lag nou uit my maag uit.

Ai jitte ·

Ai jitte, leser, jy is skerp, ek hoop die staat het daaraan gedink. Die op en af spring was ook in my gedagtes, ek sou nogal wou sien hoe sy dit regkry. Ek dink egter die staat is besig om ‘n goeie saak saam te stel en gebruik wat hul kan uit verdediging se getuienis. Ek hoop net Advokaat van Niekerk vat Dr Perumal goed vas, hy val Coetzee-Kahn aan (dit is seker maar hoe dit werk as jy nie die science kan aanval nie en voor jou siel weet die mannetjie was reg), Perumal werk absoluut op sy jare van goeie diens en profesionele beeld en jammer dit moet nie die geveg wees nie, as Coetzee-Kahn verkeerd is moet dit met werklik science bewys word, nie met belang tot die klient se getuienis en om dit te staaf nie. Ek het nogal respek verloor vir die man, hy het altyd goed voorgekom, inteligent, dalk tel geld deesdae meer as eer en respek.

Robert ·

@Ai jitte: jy het duidelik nie gesien hoe Coetzee-Kahn en abrahams vir perumal aangeval het nie. skandelik van sogenoemde proffesionele mense. hy het duidelik gesê hy praat net oor wat hy sien. kahn het eers na die toneel gegaan en toe al sy gevolgtrekkings gemaak nog voor hy die lyk gesien het en die autopsie gedoen het. toe is hy arrogant genoeg om vir die polisie te sê vat die man se paspoort hy gaan vlug. ek hoop die regter roskom kahn goed oor sy arrogansie en nalatige werk wat hy moes doen.

rafel ·

ek stem saam Mathilda en Pippa. Op feite en nie emosies nie.

Magda ·

Nie net ‘n 3de patoloog se bevinding gaan hier deurslaggewend wees nie – selfs ‘n 4de en meer. Hier is massiewe teenstrydighede.

csi ·

hoekom het hulle nie dna gevat op spesifieke plekke op die tou nie? As sy haarself gehang het, sal haar dna op alle plekke wees waar sy die tou moet vou en knoop om die noose te maak, maar as dit hy was, sal sy dna mos op daardie plekke wees.. wonder net

Ek se maar net ·

Uhm die tou was om haar nek, beide die besk en die nutsman het dit hanteer, so al drie se dna is moontlik daarop. Van geen getuieniswaarde nie. Jammer maar waar

Onbekend ·

My pa is ook in 2016 vermoor, en as julle weet hoe min in die nadoodse ondersoek gedoen is, om ‘n goeie saak teen die beskuldige/s te kan gebruik, sal julle glo in hierdie saak is foute gemaak. ‘n Onbekende persoon se saak kry nie eers soveel aandag as ‘n hoë profielsaak nie.

MJ ·

As ek reg onthou was die badkamerdeur van die binnekant af gesluit, dit is hoekom Rohde die nutsman se hulp gekry het om die deur oop te maak. Kan Spier bevestig dat daar net een badkamersleutel in die eenheid was? Was die sleutel wel binne die deur toe dit oopgemaak is? En as die bedkamer van binne gesluit is, sal dit moontlik wees om deur die venter te klim en om te loop terug na die kamer toe? As die laaste vraag beantwoord kan word, sal dit baie ander vrae oplos.

Ek dink die staat het moeilikheid. Ek kan nie sien hoe hulle bo redelike twyfel Rohde se skuld gaan bewys nie. Die regstoets is, is Rohde se weergawe redelik moontlik waar? Indien wel, dan sal die hof hom onskuldig bevind.

Nettie ·

Ek sien hier kom ‘n “mistrial” soos met daai meisie van Stellenbosch, Inge Lötz, se saak destyds.

Robert ·

@MJ: die badkamer deur kan “sluit” maar jy enigeen kan dit oopmaak. aan die binnekant is daar ‘n knop wat jy drai om dit oop of toe te “sluit” aan die buitekant kan jy dit oopmaak met ‘n muntstuk of skroewedraaier met plat punt. ek het foto gesien hoe die deur lyk. rohde kon seker self die deur oopgemaak het maar hy was dalk in so staat van paniek dat hy dit nie raak gesien het nie en dus die nutsman laat kom het. die verdedigings patoloog het alle bewyse ondersoek vir moontlike verwurg met hang. hy het selfs bewys dat die hyoid been, wat kahn wel as gebreek aangemeld het, nie gebreek was en bewys met x strale en CT scan. ek stem hier is ongelukkig te veel onbeantwoorde vrae vir die staat sodat dit moeilik gaan wees om bo alle twyvel rohde skuldig te bevind al het hy die daad gedoen.

Piet ·

Onthou net dat n mistrial is wanneer die jurie nie eenparig kon besluit nie. Fred Van Der Vyver is onskuldig bevind. Dit het nie die staat se saak gehelp dat hulle eie “experts” onder eed gelieg het nie. Fred se span kon bewys dat die staat geen getuienis teen hom gehad het nie en dit wat daar wel was, was was twyfelagtig om die minste te se.

Koos ·

Lagwekkend as mense nie eers mooi weet waaroor hulle praat nie. Hotelle het nie sleutels in badkamerdeure nie. Daar bestaan nie “mistrials” in SA howe nie, ook nie juries nie, die hyoid beentjie breek nie altyd nie, maar hou maar aan C&I kanaal kyk, dit maak julle erg slim!

Ver links ·

The States version is the most important and acceptable. If the State declares he is guilty, then he should take his punishment for his actions. It would not help to pay a private Pathologist an extensive amount of money to create a different version. The State must request another Pathology report from a State Pathologist.

Faan ·

Dalk kan MM vir ons verduidelik wat ‘oorskrei’ beteken? Nogal ‘skryend’ ne

Christjan ·

As leek wil ek net weet of die feit dat daar 5 dae verloop het tussen die twee patologiese evaluerings nie ‘n impak op die bevinding sal kan hê nie. Met ander woorde: is daar appels met gekneusde appels vergelyk?

Robert ·

@Christjan: dis hoekom Perumal in sy getuienis gesê het dat die 2 toetse moet saam gedoen word sodatalle twyfel uit die weg geruim kan word. kahn het goed mis gekyk wat perumal raak gesien het. die probleem is ook as daar gesny word is die weefsel beskadig en kan nie weer soos oorspronklike lyk nie

Skerp potlood ·

C, Jy is ‘n skerp potlood en ek glo die aanklaer sal dit beslis gebruik so ook die Regter.

ZL ·

Ek is bevrees hy gaan los kom. Dink jy is reg MJ, staat het moeilikheid :(.

Denise ·

Ek vind dit baie moeilik om te glo dat sy haarself opgehang het .

marous ·

Wonder of sy klient hom meegedeel het dat hy haar kort voor dit aangerand het , en dat sy geval het , en dat sy gebloei het en dat sy beserings het wat dalk nie sal strook met selfmoord nie . Wonder hoekom die opsigter so leunagtig sal wees ?

Valerie ·

Geld koop snaakse “opinies.” As ‘n vrou sê ek die Rohde beskuldigde is glad nie iemand om myself voor te hang of om ‘n verhouding mee aan te knoop nie. Hy dink so ‘n bietjie baie van homself, of hoe?

M ·

Perumal het OP se offer van die hand gewys omdat hy self gate in die storie gesien het. Die OP saak was baie meer werd as die saak, dink jy as Perumal vir die geld was dat hy nie lankal afgetree sou wees nie?

Arizona ·

My vriendin het haarself in 2009 agter die badkamer deur gehang terwyl haar man by sy tert was. Sy was die kleinste fynste mensie ooit. Tot vandag toe glo ek nie haar dood was selfmoord nie maar nou ja forensie het gepraat

Stem saam ·

Ek stem saam, rerig ‘n badkamer deur vir ‘n volwasse vrou. As sy dan nou nog van iets afgespring het, dat haar nek afgeruk het ja, maar sy gaan sit en hang tot sy dood is……..
Gelukkig is hier ‘n goeie Advokaat as aanklaer en hy vat dit so sag maar duidelik aan.

Wonder net ·

Ek was ń groot Oscar fan voor wat met Reeva gebeur het. Baie opsigte is ek steeds ten spyte van my teleurstelling in hom. Ek hou persoonlik niks van Rhode se gesig en nog minder wat hy aan sy vrou gedoen het terwyl sy nog gelewe het nie. Dink egter mooi of Rhode se aangestelde patoloog so storie sou saamflans ter wille van geld. Ek betwyfel dit ten sterkste. Permual sou inteendeel baie meer geld uit die Oscar saak maak as hy wou nonsies praat. Al kom Rhode dalk skotvry omdat hy nie sy vrou vermoor het nie is hy steeds so skuldig soos die houtjie van die galg(al bestaan die galg nie meer) Meeste mense word gedryf tot selfmoord. Indien almal wat selfmoord pleeg se familie en vriende tot verantwoording geroep word gaan dit tot Babelse verwarring lei.

jaco ·

onthou tog net dat die staatspatoloog vir die Staat werk. so hy is aangestel premêr omdat sy regstellende aksie “credentials” reg was. aan kwalifikasies en ondervinding is seker nie veel aandag gegee nie. dan werk hy ook in n staatsdienskultuur waar laatkom by die werk, lang tee- en etenstye, en gereeld glad nie op n vrydag en/of maandag kom werk nie, heeltemal aanvaarbaar is.
Ek weet waarvan ek praat. ek het vir die staatsdiens gewerk. toe ek oor hierdie dinge gekla het, is daar vinnig vir my gesê dat ek rassisties is en nie “ons kultuur” verstaan nie.

Koos ·

Party staatspatoloë is uitstekend. Skeer gerus maar almal oor dieselfde kam as jy wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.