Patricia de Lille se man sterf

Van links Alistair, Patricia en Eddie de Lille. (Foto: Twitter) 

Eddie de Lille, eggenoot van die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia de Lille, is Sondagaand na ʼn baie lang siekbed in Kaapstad dood.

Hy word beskryf as ʼn stil en nederige man.

Die egpaar was 49 jaar lank getroud en het een kind, Alistair.

“Eddie was ʼn liefdevolle pa en eggenoot wat my deurgaans in my politieke loopbaan ondersteun het en my die vryheid gegun het om my werk te doen en die land te dien. Ons huwelik was een van respek en ondersteuning, en vryheid om jou oortuigings uit te leef. Ek sal hom vreeslik mis,” het minister De Lille gesê.

Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Samuel

Dit baie hartseer om dit te hoor. Ek kan glo Me de Lille gaan hom mis na so ‘n lang huwelik. Sterkte word haar toe gebid.

msp

My innige meegevoel, baie hartseer nuus. Bid julle sterkte toe in hierdie moeilike tyd.

Tokkel

Jammer oor die verlies.

TO

Mag Jesus jou dra in die seer. RIP

Regverdigheid

RIP Sterkte aan die familie.