Patricia de Lille se manifes bekend

Patricia de Lille, leier van die Good-party, het haar party se verkiesingsmanifes in Kaapstad en landwyd op sosiale media bekend gestel.

Good is die eerste party wat hul manifes eerstens op sosiale media bekend stel, wat volgens De Lille dui op die progressiewe ingesteldheid van hoe die party met sy lede en ondersteuners kommunikeer.

Die manifes verskil van ander partye se manifeste in die klem wat dit plaas op die potensiaal van stede en dorpe om ontwikkeling te dryf, soos ook aangedui in haar boek, A View From City Hall, wat in 2017 verskyn het. Daar is dus baie klem in die manifes op ruimtelike beplanning, met die bevordering van die regte en toegang van armes wat voorrang geniet ter verandering van die maatskaplike beplanning van die verlede wat verblyf betref.

In hierdie verband stel Good hom ten doel om rasse-vooroordeel uit te wis waar dit voorkom.

Die manifes streef geregtigheid na op vier vlakke, te wete ruimtelik, maatskaplik, ekonomies en wat omgewingsbewaring betref.

Good is gekant teen die wysiging van artikel 25 van die Grondwet. Die party steun ‘n kabinet wat verklein word tot vyftien lede en verbeterde onderwys, insluitend gratis universiteitsonderwys mits dit behoorlik bestuur word.

De Lille se party is ook ten gunste van die verskaffing van titelaktes aan diegene wat op eiendom woonagtig is en beywer hom vir ekonomiese groei wat stewiger as die bevolkingsaanwas is – anders as wat tans die geval is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Chris Ws ·

En die DA kry ‘n blinde sambok agv hulle houding teen haar. Hulle het nou al reeds minstens 80,000 stemme verloor.Die anc staan gevolglik ‘n sterker kans op oorwinning van die Weskaap as ooit tevore in die komende verkiesing danksy die DA wat homself in die voet geskiet het.Slim vang sy baas?

Alias ·

O, nee! Moet nooit haar luister nie. Sy is ‘n slinkse slang wat die Kaap laat vernietig het!

At Dippenaar ·

Antie Pat het so mooi plastic smile. Te oulik mammie!

JL ·

Ek bly op perseel, kan ek nou maar n stuk grond net vat?! belaglik.

Gert ·

Enige party wat gratis universiteitsonderrig steun in hierdie land, bewys onteenseglik dat sy leiers nie kan dink nie.

Broempie ·

As enige iets, gaan die Good-party nou net nonsens maak vir die Kaap. Wat is die kans dat hulle sal slaag met meer as die DA? En ja, ek glo hulle gaan ‘n hele paar stemme lok, maar gaan dit dan nie weer die DA afbring, en potensieel die baan oopmaak vir ANC en EFF nie?

Gollie ·

Ek stem 100% saam met jou syt nou net nonsens kom maak.Daar vat die anc en eff nou die Kaap ook,nog ‘n probleem.En die oposissie was sterk vir die anc ini Kaap maar nou vat hulle hom oop arms.

Johan H. ·

Ja Gert in n ofdentlike 3de wereld,werk dit. Nie die landjie,bestuur deur kriminel nie!!

John ·

Mens wonder steeds hoekom Pat nie ‘n spierwit lelie as kenteken gebruik nie… So beter as… En as sy iets verkeerd gedoen het, was dit bloot die wrede rassiste… Eintlik moes Peter Pan by haar party aangesluit het… Hoekom nie?

Jannie ·

As sy net die woorde “FOR NOTHING” agter die “GOOD” byvoeg, sal sy minstens kan spog dat sy eerliker as die ander is!!!

christa ·

as elkeen van ons op ons kniee gaan voor ons, ons kruisie gaan trek en die Almagtige Vra om ons regte besluite te laat neem sal ons beslis nie verkeerd stem nie.

Deloris ·

En kyk net hoeveel politieke partye is daar nou… dan se hulle ons boere kan nie saam staan nie …

Johan ·

Geen twyfel sy sal haar steun aan n ANC/EFF alliansie gee sou die DA onder 50% kry in die Wes-Kaap. Haar doelwit is bloot vergelding omdat haar wanadministrasie by Stad Kaapstad ontbloot is

bollie ·

Dit sal interessant wees of Good in totaal meer stemme sal trek as VF+. Hulle het blykbaar reeds 800000 geregistreerde kiesers. VF+ het minder as 200000 kiesers.

Chris Ws ·

Ek sal baie graag wil weet waar kry jy jou syfers vir die VF+ want die verkiesing kom nog.Dis so jammer mense kritiseer die VF+ maar dis die ENIGSTE party met ‘n blanke Afrikaner as leier.So is ons Afrikaners maar,skille op die oe en stem eerder vir die vyand (DA ,ANC EFF)

bollie ·

Gegrond op hulle vertoning in vorige verkiesings. Hulle het omtrent 170000 stemme laas verkiesing gekry as ek reg onthou. Ek gee hulle die voordeel van die twyfel en gee ‘n addisiosionele 30000 stemme vir die komende verkiesing wat sal beteken dat dit hulle ‘n rekord groei in hul bestaan sal gee.

mamma ·

Good kan dalk meer stemme trek as VF+ in die Wes-Kaap (en dalk nasionaal). Auntie Pat teen Peter Pan.

Elizabeth Le Roux ·

Wie Dan nou nie teen ons is nie, is dan vir ons, as Patricia De Lille goeie.dienste wil lewer, waarom nie? Sy is soos ons, eerder sy as Malema en die.ander, solank sy nie teen my as n mede Afrikaner teenspreuk nie

Toek ·

Chris ws
DA is nie vyand nie en is ‘n beter opossisie vir die ANc

JG ·

Toek…DA defnitief nie die Afrikaner se vriend nie. So as jy nie my vriend is nie, wat maak dit van jou ?

Judge Dredd ·

Patricia moet maar gaan kyk hoe lyk Johannesburg CBD met die armes wat daar bly.
En Kaapstad is ‘n toeriste aantreklikheid – baai baai toeriste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.