Paul Kruger-beeld in foelie bedek; Voortrekkerrok vir Mandela-beeld versoek

Die standbeeld van Paul Kruger is met foelie oorgetrek. Foto: @CoolCapital2014 op Twitter.

Die standbeeld van Paul Kruger is met foelie oorgetrek. Foto: @CoolCapital2014 op Twitter.

Die Tshwane-metroraad het Front Nasionaal se versoek om die standbeeld van oudpresident Nelson Mandela by die Uniegebou in Pretoria van 1 tot 16 Desember in ʼn Voortrekkerrok en -kappie aan te trek, as “blatante uitlokking” beskryf.

Front Nasionaal het in ʼn brief aan die Tshwane-metroraad geskryf dat dit onlangs onder die party se aandag gekom het dat Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in die Pretoriase middestad met foelie oorgetrek is. Dit is gedoen as deel van die Cool Capital-biënnale, wat ten doel het om nie net visueel ʼn verandering te bring nie, maar persepsies te verander en ook ʼn werklike verandering te weeg te bring.

Volgens Front Nasionaal het die party in reaksie hierop versoek om die standbeeld van Mandela aan te trek “as ‘n simboliese erkenning van die gewoontes en kultuur van die Voortrekkers en hul afstammelinge as deel van die sogenaamde ‘reënboognasie’.”

Blessing Manale, burgemeesterswoordvoerder van Tshwane, het aan Maroela Media gesê die standbeeld is nie in die jurisdiksie van die Tshwane-metroraad nie, maar eerder in die van die presidensie, departement van kuns en kultuur en die departement van openbare werke.

“Die Tshwane-metroraad sal egter nie die versoek ondersteun nie, aangesien ons dit as blatante uitlokking beskou en van mening is dat dit nie gegrond is op goeie bedoeling of ʼn bona fide-belang deur Front Nasionaal nie,” het Manale gesê. “Die tydperk wat Front Nasionaal voorstel, is tydens die herdenking van Madiba se afsterwe en dit is logies dat duisende Suid-Afrikaners van alle rasse en geloof die herdenking by die Uniegebou sal wil hou.”

Volgens Manale is hulle ook “versteur” deur die toon van Front Nasionaal se versoek, aangesien dit sinspeel dat daar ʼn dubbelstandaard is met betrekking tot die behandeling van Afrikaner-kultuur en -erfenis. “Die Stad Tshwane het ondanks talle pogings deur verskeie persone om ons verhouding met die Afrikaner te polariseer, steeds uitgereik en alle redelike versoeke ondersteun om te verseker dat geleenthede en aktiwiteite alle kulture eer en onderhou,” het Manale gesê.

Die departement van kuns en kultuur het nie onmiddellik op navrae gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

charmaine ·

My enigste beswaar is dat hulle oom Paul in silwer pleks van goud bedek het en dat die foelie die standbeeld kan beskadig. Hul redenasie is goed, maar belaglik! Besoek toeriste nie juis oom Paul se standbeeld elke jaar nie? Nou tref hulle ‘n silwer standbeeld aan! Gepraat van uittarting!!! Dit is blatante uittarting en vernederend vir die Boervolk!

Paul ·

Bog.

Hoe op aarde is die skadelose oortrekking van ‘n standbeeld in silwer nou skielik “uittarting en vernederend”?

Grassie ·

Charmaine – ek stem saam met jou. Ek beskou dit ook as uittartend en beledigend.

Valkyrie Meisiekind ·

Knap Gedaan FN

Alhoewel …. bietjie van ‘n belediging vir ons erfenis om ‘n terroris in ‘n Voortrekkerrok te wil sit …

catryn ·

haha hulle kan mandela soos ‘n KAKIE aantrek dit sal by hom pas.
Dis juis die Britte wat agter ons konsentrasiekampe se moorde gesit het, en hulle het ook die meeste steun aan die A n C verleen, en ook vir die gemors waarin ons land is. Onthou, dit is nie net Boere wat hier vermoor is in 1900 nie, maar daar was ook aparte konsentrasiekampe vir die swartes. Meer dan 50000 mense toe vermoor. Gaan slaan dit maar na.

::::::

Respek kom van beide kante af, nie net van “Cool” of die Metrostad af nie, respekteer ander ook. Respekteer dan FN ook hoe hulle glo en dinge sien.

Julle kan nie verwag FN moet julle denke respekteer as julle altyd ‘n politieke bal wil slaan nie.

Visa versa.

Ons is in ‘n demokratiese land. Die Munisipaliteit moet ook dan FN ondersteuners se wense respekteer.

Dink mense moet ophou vingers wys na ander met ander idees, as julle nie die geskiedenis van die Afrikaners en Boere van hou nie, of weet waaroor dit gaan nie, bly dan eerder stil.

Afrikaners en boere moet stilbly oor ‘n “cool” Paul standbeeld, dieselfde geld anders om vir julle wat so vinnig kritiek aan FN uitdeel. En nee, ek is nie van FN nie, inteendeel.

Grassie ·

Die gespuis moet liewers vir oom Paul uitlos. Hulle krap nou waar dit nie jeuk nie.

Paul ·

Wat is fout daarmee om die beeld tydelik met foelie te bedek?

Dis nie asof dit bespotlik gemaak word, of beskadig word nie. Inteendeel, dit lyk netjies.

Die beeld is tog slegs ‘n uitbeelding van ‘n historiese figuur – nie ‘n afgod wat aanbid moet word nie.

Grassie ·

Paul – jy en ek leef duidelik in twee veskillende, onversoenbare kampe. Ek gaan nie hier op Maroela met jou in ‘n bekgeveg betrokke raak nie. Kom ons los dit.

Anton ·

Paul wat is verkeerd daarmee om n ander beeld met n voortrekker rok en kappie te beklee ek aanvaar jy stem ook met alle anc uitganspunte saam.

Paul ·

Nelson Mandela was ‘n man. Voortrekkermans het nie rokke en kappies gedra nie. Dis duidelik ‘n moedswillige, uittartende versoek van FN.
As hulle gesê het dit moet voortrekkermansdrag wees, was dit ‘n ander storie.

Paul ·

Nelson Mandela was ‘n stigterslid van Umkonto wat ‘n suiwer terroriste organisasie was, dit is arrogant om die voormalige ANC/Umkonto lid in dieselfde asem as President Paul Kruger te noem.

Paul ·

Dit is nou rerig verbasend om te sien hoe polities korrek selfs Maroela Media is, as ‘n mens nie eens mag noem dat die ikon Mandela een van die stigterslede van Umkonto Iziswe was nie. Is dit omdat Umkonto ‘n terroriste organisasie was?

Henriette ·

Nelson Mandela was ‘n Terroris en vandag word Nelson Mandela verafgod deur die mense. MOET nie ons Voortrekkers en Voorvaders beledig deur Mandela met hul kleredrag aan te wil trek nie. Verf hom eerder kapoen.

Paul ·

Die “Paul” wat op 29 Oktober 2014 om 22:09 en 00:45 kommentaar gelewer het, is nie dieselfde een as wat die vorige kommentaar gelewer het nie.

Net n Baal Spel ·

Kom ,Kom ,Kom , Ons sal dit aanvaar met n Rugby game , Maar ontrek julle , dan raak hulle paniekbevange ! Selfs al verwyder hulle PK wat sy joodse vrinne vir hom opgerig het teen koperdraadprys , onttrek julle .

Anne ·

Paul, dit is net so, uittarting en bespotting van die blanke afrikaner en sy geskiedenis.

Paul ·

Hoe is dit ‘n bespotting?

1. Dit lyk steeds netjies.
2. Dis slegs tydelik.
3. Dit beskadig nie die standbeeld nie.

Gestel die standbeeld was uit die staanspoor nie van brons gemaak deur Sammy Marks nie, maar het ‘n bedekking van goud of silwer (of eerder vlekvryestaal, sou makliker skoon gebly het) gehad? Dan was dit mos van die begin af blink. Sou dit dan van die begin af al ‘n bespotting gewees het? Hoekom is geoksideerde brons respekvol, maar ‘n blink bedekking is ‘n bespotting?

Ek kan dit waarlik nie kleinkry nie.

Paul ·

Anne, Jy is volkome korrek en hoe ‘n mens met ‘n ordentlike naam kan redeneer soos my naamgenoot, gaan enige regdenkende mens se verstand te bowe. Ek is rerig bly dat ek nie aan dieselfde oordrewe gedienstigheid aan die nuwe suid afrika ly en sulke absolute klomp snert kwytraak nie. Pleks hy liewer sy held se beelde gaan versies met foelie want daarmee kan hy baie lank besig wees want daar is bykans in elke stad, dorp en gehuggie ‘n beeld van die ou terroris.

Paul ·

So as iemand vra waarom hierdie aksie noodwendig “beledigend” is, beteken dit outomaties dat hy saamstem met al die regering se beleide en optrede?
Sjoe, as dit is hoe logika deesdae werk, het ek seker die memo gemis…

Paul ·

Paul, Ek dink dit is jy wat elke logika lesing misgeloop het. Ek verpes elke ding wat hiertoe regering doen en elke negatiewe opmerking teenoor my mense en ons erfenis veral as dit kom van iemand met ‘n wit vel.

MM Wiese ·

Een van julle spesifiseer asb net watter Paul , ek sukkel om julle argument te volg man. Wat van DR voor , dan kan jy ook verseker wees jou kommentaar word geplaas . Doktor Paul , .. klink goed

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.