Paul Kruger-standbeeld glo met lemmetjiesdraad afgesper

Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria Foto: Phillip Bruwer, Maroela Media

Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria Foto: Phillip Bruwer, Maroela Media

Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein in Pretoria is glo met lemmetjiesdraad toegespan in ʼn poging om dié beeld teen vandale te beskerm.

Front Nasionaal het op sy Facebook-blad bevestig dat ʼn paar mense Vrydagaand die standbeeld deur die aand bewaak het.

Intussen het die aktivis Sunette Bridges op haar Facebook-blad bevestig daar was ook polisiebeamptes wat die betrokke persone se veiligheid verseker het. Volgens haar sal polisielede ook om die standbeeld geplaas word om dit te beskerm. “Die manne wat daar was het reeds onttrek en is almal veilig,” het sy gesê.

Sy het egter versoek dat niemand vandag die omgewing sal besoek nie, aangesien die polisie glo besorg is oor die veiligheid van mense weens die hoë spanning van die situasie. “[Direkteur Nkuna] bedank weereens ons mense vir hul ordelike gedrag en versoek dat ons asseblief nie ons lewens vandag daar in gevaar gaan stel of die polisie se taak om die EFF te beheer, vir hulle bemoeilik deur onsself in die middel daarvan te plaas nie,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maximilian Bratke ·

Geagte Sune van Heerden.

Hou asb op om “GLO” in elke opskrif te gebruik. Iets is of die waarheid of dit is nie. As jy nie seker is oor iets nie – gaan maak seker, maar moenie sê “GLO” nie.

Alida Müller ·

Ek stem!! As jy nie doodseker van jou feite is nie, moet nie “GLO” gebruik nie. Moet dan nie ‘n artikel plaas nie. Doen eers jou huiswerk deeglik.

Gideon ·

Ag asseblief, julle wat oor die gebruik van die woord glo kerm is van lotjie getik. Dit is geen heilige woord nie, glo my, kom tog net by!!

Leon ·

Dit lyk my daar is mense wat so in hul eie opinie glo dat dit die hele gesprek ontsuur.
Ook te veel wraak taal by ander berigte en kommentaar. Totsiens
Maroela

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.