Paul Kruger-standbeeld loop onder vandale deur; veiligheid opgeskerp

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die standbeeld van Paul Kruger op Kerkplein in die Pretoriase middestad is Sondagaand met groen verf gevandaliseer.

Blessing Manale, die burgemeester se woordvoerder, het aan Maroela Media gesê veiligheid by verskeie erfenisterreine in die stad is opgeskerp na die voorval. “Niemand het al verantwoordelikheid aanvaar nie, dus weet ons in hierdie stadium nie of dit ʼn opportunistiese daad was en of dit verband hou met die ANC-jeugliga se beroep verlede week dat die standbeeld verwyder moet word nie,” het hy gesê.

Manale het gesê Sondagaand se voorval is op kringtelevisie vasgelê. Hy het egter gesê van die kameras op die plein is buite werking weens konstruksie wat daar plaasvind. “Ons is besig om die kwaliteit van die opnames na te gaan. Van die huurders op die plein het intussen ook beeldmateriaal van hul kringtelevisiekameras aan die polisie beskikbaar gestel.”

Volgens Manale is veiligheidsmaatreëls by die Nelson Mandela-standbeeld by die Uniegebou, Vryheidpark, die Voortrekkermonument en die stadsaal opgeskerp. Dit behels onder meer 24-uur kringtelevisiekameras, die ontplooiing van metropolisiebeamptes, ‘n toename in patrollies en bykomende intelligensie-insameling.

Die vandalisering van Paul Kruger se standbeeld kom nadat die EFF in Pretoria vroeër gesê het hy sal standbeelde van alle “apartheidsikone” in die stad vernietig, insluitend die Kruger-standbeeld. Dit volg ook na ʼn oorloggedenkstandbeeld op Markplein in Uitenhage aan die brand gesteek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Antjies Trollip ·

KLOMP DOM IDIOTE WAT DINK HULLE KAN DIE GESKIEDENIS MET VUUR EN VERF UITVEE…..

John ·

Weereens is hier die bewys dat die verskuilde agenda teen die blanke, wat deur die toewyding en deursetting n bekaafde wereld daar gestel het, is.

Janine du Plessis ·

Anders as Mandela se standbeeld, wat deur die belastingbetalers betaal moes word, was hierdie standbeeld van oom Paul ‘n geskenk van Sammy Marks aan die president. Wie gee ENIGIEMAND die reg om ‘n ander se eiendom te beskadig? Ek hoop die saak word opgevolg en die skuldiges gestraf. En dat die Afrikanervolk se goed nou opgepas gaan word – dag en nag.

Pienk Spook ·

As die skuldiges gestraf word sal dit ñ baie,baie ligte straf wees.Onthou die ANC is in beheer van die land en as hulle eerlik is haat die ANC alle standbeelde van wit mense al was dit goeie mense.Jy is vrek naïef as jy dink hulle sal ordentlik gestraf word!!!Hulle weet ons dae is verby soos swart en wit tvs.Hulle het geeeeeeeeen respek vir ons en ons kultuur nie.Ons het geen se oor niks wat in die land gebeur nie.Hulle glo bv als wat ons het.Het ons verniet gekry.As ek maar dink hoe onnatuurlik hart ek my hele lewe nog werk.Hulle glo mos net aan sogenaamde mense regte.MAAR lees maar GOD se woord baie deeglik van begin tot einde en jy sal sien.NIKS is ñ reg nie.Alles is ñ vooreg.Maar hul ken nie daardie woord nie.As ons hul stantbeelde moed beskadig.Sal hul ons vreeeeeslik straf of met klippe gooi.Maar hul doen net wat hul wil.Eendag is eendag.Dan moet hulle aan God verduidelik hoekom hulle dit gedoen het.

Plaas haas ·

Ag tog ons land is oorlede en verwoes en ons kan niks doen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.