Paul Kruger-standbeeld moet binne 7 dae weg wees, sê EFF

Benjamin Disoloane, voorsitter van die EFF in Pretoria Foto: African News Agency

Benjamin Disoloane, voorsitter van die EFF in Pretoria Foto: African News Agency

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Saterdag geëis dat die stad Tshwane die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein in Pretoria binne sewe dae moet verwyder.

“[Burgemeester Kgosientso] Ramokgopa moet verstaan dat hierdie standbeeld daagliks ons mense frustreer,” het Benjamin Disoloane, voorsitter van die EFF in Pretoria, gesê. “Ons mense het nie werk nie, en hulle ontspan in hierdie park. Wanneer hulle hierdie standbeeld sien, frustreer dit hulle. Ons bied aan om die standbeeld te verwyder, want die stad het nie die geld nie.”

Disoloane het gesê die EFF bied mannekrag en vervoer aan sodat die standbeeld geskuif kan word. “Ons sal gratis die mannekrag en vragmotors bied. Ons is hier om te wys dat ons bereid is om te help om die standbeeld so gou as moontlik te verwyder.”

Hy het gesê die konsultasieprosesse deur die Tshwane-munisipaliteit oor die omstrede standbeeld sal tydrowend en duur wees. “Ons gee hulle sewe dae om die standbeeld te skuif.” Disoloane het gesê as dit nie teen dan verwyder is nie, “sal ons verduidelik wanneer ons daar kom”.

Talle metropolisiebeamptes en die polisie se taktiese reaksie-eenheid is in Kerkplein gestasioneer. Die yslike standbeeld is met doringdraad omhein in ʼn poging om dit teen vandale te beskerm. Twee Njala-pantservoertuie van die polisie is ook op Kerkplein.

Die Kruger-standbeeld en twee van die vier brandwagte is die afgelope week deur die Erfenisstigting skoongemaak nadat dit met groen verf geskend is.

Die betogers het vroeër Saterdagoggend ook ʼn ou Suid-Afrikaanse vlag verbrand en gedreunsing. Hulle het ook plakkate rondgeswaai met die woorde “Paul Kruger se g*t” en “Verwyder die voorvaders van apartheid”.

Lees alle vorige berigte oor die standbeelde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Riaan Boshoff ·

Ek is seker dat meer as 90% van daardie EFF lede weet nie eens die geskiedenis agter die Kruger standbeeld. Hulle is daar vir die toebrooitjies.

Anni Mal ·

Mandella was die grootste vader van apartheid – verwyder sy standbeelde dan ook maar.

CHRISTA ·

Mens kan net vir hulle bid. Hulle ly aan ‘n minderwaardigheidskompleks. Tot standbeelde laat hulle minderwaardig voel! Siestog!!

Andries Pieters ·

Ja jy kan vir hul bid,maar jy kan niks belowe nie.

Jo ·

Jakop (dis hoe ek sy naam spel) smeek vir anargie en hy weet dit nie, of in die onwaarskynlike alternatief steur hy hom nie daaraan nie. Hulle sanik oor rasisme. Hulle is nie net besig om rasisme te bevorder nie. Hulle is stelselmatig daagliks besig om ongekende rassehaat aan te blaas. Maroela sal die ook seker maar sensor.

Carel ·

“Ons mense het nie werk nie, en hulle ontspan in hierdie park. Wanneer hulle hierdie standbeeld sien, frustreer dit hulle.” So dis nou die beeld se skuld?

Hollander ·

As Hollander doen dit my pyn om te sien, dat die standbeeld van Kruger beklad is, Paul Kruger was een grote held vir die Boere èn Hollanders.
By ons in Nederland is daar talle strate, skole etc. wat naar Paul Kruger vernoem is. Dit herinner ons aan die tyd dat heel Nederland enorm meegeleef het met die Boere. Die Nederlandse Regering het dit destyds nie aangedurf om militêr te help. Hul het egter wel Paul Kruger uit die hande van die Britte gered. Koningin Wilhelmina het hom laat haal met een Nederlands oorlogsskip ( sy het die Engelse geignoreer). In Nederland is Kruger as een enorme held verwelkom, die belangstelling was baie groot. Die Transvaalsche Vierkleur het gewapper aan die kerktorings en Kruger het hierdie woorde uitgespreek: ”“Ik heb geen woorden, om mijn dank te betuigen aan dit Hollandsche volk, voor al de bewijzen van belangstelling in onze rechtvaardige zaak. Wij vertrouwen dat God alle ding bestuurt, ook de strijd tegen den grooten man die ons wil vermoorden; zegene de Heere al de wegen die wij nu moeten inslaan. Wij vertrouwen op God en laten aan hem onze zaak over.”

Die standbeeld van ‘Oom Paul’ in Pretoria moet natuurlik bly staan, in Nederland sal die standbeeld van Kruger sowieso ook bly staan.

Reginald ·

Dalk hoor hulle Oom Paul se stem: Gaan soek werk! Grap ;)

Hierdie is nie ‘n goeie teken vir Suid-Afrika nie. Die wagwoord “versoening” is in gedrang.

Nico ·

Dis net die media wat die eff die mag gee om te bereik wat hulle nou doen. Dis die media wat rassehaat aanblaas met sulke artikels. Eff kry verniet blootstelling. Hierdie sal dus sekerlkk gesensor word.

willie ·

Ok, gaan die afrikaner terugstaan en toekyk hoe satan oorneem of wat? Wat is volgende? Die Voortrekker Monument?

david ras ·

Die Voortrekker monument is sekerlik in die spul se agterkoppe. Ek dink egter die heldeakker is veel eerder ‘n sagte teiken vir hulle. Trouens enige begraafplaas se kopstukke met Afrikaner name daarop is sekerlik ‘n herinnering aan kolonialisme en apartheid
Hier moet nou hard opgetree word–sluit Malema toe vir aanmoediging em misdaad te pleeg, sowel as sy luitenante, en —
die Kaapstadse universiteit pleeg mos growwe rassisme met die toelating tot sy mediese fakulteit-blanke aansoekers se matriek resultate moet ongeveer 90% wees en swartes 50%, so word beweer,
Indien wel, eis dan dat die mediese raad GEEN KWALIFIKASIES van daardie universiteit erken wat onder hierdie omstandigdhede vewerf is,
Hulle is mos o.so gesteld op die goeie naam van hulle beroep, verwysend na die Wouter Basson geval.
Laat ons sien hoe gesteld hulle werklik is, en terselfdertyd kan die student bewus word dat daar ook gevolge vir hulle optrede is.

Wally ·

Daar’s so’n mooi en raak Engelse spreukwoord wat direk van toepassing op hierdie gepeupel is: “T’is folly to be wise where ignorance is bliss!!”

Frans ·

As ek reg verstaan het Shaka Zulu 6000 van sy eie mense dood gemaak toe sy ma dood is. Ek eis dat die standbeeld van so ‘n massa moordenaar verwyder word en dat die lughawe wat na hom vernoem is se naam verander word. Indien nie – wie gaan die verf skenk?

John ·

Die EFF weet nie werklik waarvoor hulle moet staan nie. Sodrae daar ñ moontlikheid bestaan dat die regering steun verloor, word die narre ingespan om die kollig te verskuif.

Gratis beeld verwyderaars ·

Ons bied ook aan om al Mandela se standbeelde gratis te verwyder.

Wil ·

Mandela se standbeelde frustreer my, en ek eis ook dat dit verwyder word. Mandela is die vader van rasse diskriminasie in Suid-Afrika. Mandela is ‘n groot rassis en kommunis en die vader van regstellende aksie, swart bemagtiging en ander ras gebasseerde beleide in Suid-Afrika. Solidartieit het alreeds ‘n klag by die Verenigde Nasies ingedien oor die ras gebaseerde arbeidswetgewing en rassistiese toepassing daarop. Ons het dus meer as genoeg rede om te versoek dat Mandela se standbeelde so gou as moontlik verwyder moet word.

CJAN ·

Ek het ook nie werk nie. As ek by Mandela se standbeeld verbyloop weet ek dis hy wat dit veroorsaak het dat ek nie werk het nie.

david ras ·

Wil, ek moet jou hier reghelp. Ek veg al sedert 1994 in koerantskrywes teen hierdie bose stelsel
Mandela is egter nie die nie die vader van regstellende aksie nie. Regstellende aksie verskien die eerste maal in wetlike vorm in die interm grondwet wat die resultaat was van die ondrhandelinge tusse die NP en die ANC. (Wet 200 van 1993, hoofstuk 8 art 3a).
Dit is goedgekeur deur die NP beheerde parlement en die telling was 101 NP, en 34 DP vir die wet met 46 KP’s wat in protes uitgestap het.
Die wet is onderteken deur Staats President F.W. de Klerk.
Ek het net die Engelse weergawe ter hand, maar die artikel wat die huidige wetgewing in plek geplaas het , begin so–(Engelse weegawe)–
Nothing in this section shall PRECLUDE measures designed to achieve the adequate protection and advancement of persons disadvantaged by unfair discrimination in order to enable their full full and equal enjoyment of rights and freedoms.
Dis duidelik dat hierdie klousule se implikasies so wyd vertolk kan word dat alle blankes uiteindelik in gevaar verkeer.
Herdie artikel is later met ‘n paar klein veranderinge net so oorgedra na die huidige grondwet van 1996 — art 9(2)

Martin Mey ·

EEF eis standbeeld moet binne 7 dae verwyder word? Indien nie wat dan? Gaan hulle ook standbeeld groen verf? Wens dat ons iemand in die rugraatlose regering gehad het wat die tipe opsweep van werklose massas in die bek kan ruk. Geld wat van die belasting betaler af kom sal weer aangewend word of om standbeeld skoon te maak of te verwyder. EEF, daar is REGTE problem wat julle behoort aan te spreek namens julle lede, nie sulke twak nie!

Wilhelm ·

John praat van regering, watter regering? As ons ‘n regering gehad het sou ons dissipline gehad het!!
Wat het ons nou? ‘n klomp “mense” wat buig soos die wind waai- solank hulle net beskut is, is alles reg.

Ampie ·

Mense, die politiek het vinnig verander sedert Malema die ANC se gesag uitgedaag het. Die beelde gaan val en die ANC polisie gaan handegevou staan en toekyk. Dink julle regtig hulle gaan hul “broers” keer om Paul Kruger of Hertzog se standbeelde af te breek? Beide die EFF en ANC kan net die Blankes aanval en verneder om steun vir jul eie rewolusies te wen. Ja, rewolusie, en dit is teen die Blankes gemik. Om die beelde te skuif na Orania/Monument is geen reaksie nie. Dis ‘n stille aanvaarding dat ons tuishoort op die rand van die samelewing. Dat dit ‘n Swart huis is en die Blankes in die kombuis behoort. Dis net ‘n kwessie van tyd voor die rewolusie se massas “demand” dat die Voortrekker monument en Orania ook moet val. Die finale spel is maar weer om te “transformeer”, oftewel om ekonomiese welvaart oor te dra aan die swart elite.

Christi ·

Ek het al die lesrs se kommentare deurgelees en almal is pragtig gestel. Baie geluk daarmee. Ek weet egter dat die persone waarby hierdie kommentare moet uitkom, eerstens beswaarlik kan lees en dan is dit nog ongelukkig in Afrikaans ook. Verder sal die regering ook niks doen om die EFF te stop om die standbeelde te verniel nie, want hulle is seker so bly die EFF doen die werkie namens hulle. Dit dra volgens my hulle stille goedkeuring weg.

Cvj ·

Onder die huidige regering verval ons land daagliks, plaasmoorde neem toe, korrupsie is aan die orde van die dag, verkragtings neem toe, ens. So kan ek aangaan. Maar dink aan die voordele: Ons kan nou oorsese musiekkuntenaars is Suid-Afrika in lewende lywe sien, wie ons voor 1994 nooit sou kon sien nie, sportgebeurtenisse, ens. So kan ek aangaan. Wat senario kies ek? Ek laat dit aan die ander kommentaar skrywers oor om te raai.

Maritsa ·

En nou gaan die regering natuurlik na hulle luister.. #ruggraatloos

CP ·

Nadat ek die alle briefskrywers se kommentare deurgelees het, is ek nou so opgewerk dat ek weer vannag nie sal kan slaap nie. So julle moet dus die skuld kry vir my slapeloosheid!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.