Paul Kruger-standbeeld weer geskend

Die metropolisie het die gebied om die standbeeld afgesper. Foto: Jonisayi W. Maromo ‏/ ANA

Die metropolisie het Dinsdag die gebied om die standbeeld afgesper. Foto: Jonisayi W. Maromo ‏/ ANA

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het Dinsdag optrede geëis nadat die standbeeld van Paul Kruger op Kerklplein in Pretoria weer met verf geskend is.

Volgens Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, is groen verf deur die loop van Maandagaand op die standbeelde van die Boerekrygers, wat deel van die standbeeld uitmaak, gegooi.

“Die Tshwane-metroraad doen duidelik nie hulle onderneming gestand om die monument te bewaak nie,” het sy in ʼn verklaring gesê. “AfriForum gaan klagte hieroor by die betrokke owerhede indien. Ons het bygedra tot ʼn fonds wat die Erfenisstigting bestuur en gebruik om die restourasie van geskende monumente, soos in dié geval, te onderneem.  Die stigting word deur AfriForum vir hulle uitnemende werk in dié verband geloof.”

Sy het gesê die uitbeelding van ʼn gemeenskap se verlede speel ʼn vername rol in die verhouding wat dit met ander gemeenskappe in ʼn gedeelde omgewing handhaaf.

Bailey het genoem dat dr. György Tatár, van die Boedapest-sentrum vir die Internasionale Voorkoming van Volksmoord en Massa Gruweldade, in 2014 in ʼn voorlegging aan die VN se Minderheidsforum beklemtoon het dat die verdraaide uitbeelding van ʼn volk se verlede direk kan bydra tot die pleging van geweld teen die betrokke volk. “Dit is dus van die allergrootste belang dat alle gemeenskappe se erfenis bewaar en in konteks uitgebeeld word.”

Volgens Bailey sal AfriForum deurgaans sy fokus verskerp om ʼn kultuur van wedersydse erkenning en respek te bevorder, deur vir almal se erfenis en standpunte ruimte te skep, te verhoed dat die huidige erfenisdebat misbruik word om ’n transformasie-agenda te dryf en te sorg dat Afrikanererfenisse in historiese konteks geplaas en volhoubaar beveilig word.  Die publiek word ook aangemoedig om instellings wat fokus op erfenisbewaring, soos die Erfenisstigting, sterker te ondersteun.

“Die toekoms van die verlede is in ons hande en kan nie aan ideologies-gedrewe kultuurterroriste met verfblikke oorgelaat word nie,” het sy bygevoeg.

Dit is nog nie bekend wie die standbeeld geskend het nie. Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie sal navraag doen oor die voorval en later kommentaar lewer. Die Tshwane-metropolisie het intussen die gebied rondom die standbeeld afgesper.

Paul Kruger se standbeeld het op 5 April vanjaar ook onder vandale deurgeloop ná ʼn vlaag voorvalle waartydens standbeelde landwyd geskend is. Dit volg nadat die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) in Pretoria vroeër gesê het hy sal standbeelde van alle “apartheidsikone” in die stad vernietig, insluitend die Kruger-standbeeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kaspaas ·

Maar net nog n rassistiese aanslag teen n minderheids groep. Met trots gebring deur cANCer.

Winston ·

Hulle soek ons uit die land uit. Dis baie duidelik. Anargie in sy ergste vorm nog nie sigbaar nie, maar die golf is op pad. Stakings korrupsie en kyk hoe lyk vertroue in beleggings. Ons moet maar opstaan en oor begin.

Retha ·

Eendag is eendag……. dan gaan hulle te ver gaan, dan ….!!!!!!!!!!

Ferdi ·

Blankes word weer voorgetrek – net hulle standbeelde kry nuwe verf!

Theresa ·

Ag nee. Weer moet ek vra waar my kommentaar heen verdwyn het.

Loeis ·

Wat die EFF se stelling aanbetref: hoewel rasse segregasie al lank in plek is , het Kruger niks met Apartheid te make gehad nie. Die naam het eers in 1948 amptelik beleid geword.

Kruger se oortreding is dat hy ‘n blanke president was. Wie is nou die rassiste?

Ferdi ·

Apartheid is deur die Britte ingestel nadat daar gewelddadige betogings in Kaapstad was rondom die 1850’s, toe Karl Marx werkersunies gestig en Xhosa-mense aangehits het tot openbare geweld. Rytuie is omgekeer, winkelvensters is uitgeslaan, perde is op loop gejaag, ens. Lank voordat die Afrikaner aan bewind gekom het, het kommunisme die land se probleem geword en bloot agv getalle, ‘n kleur-probleem geraak.

Die unies is gestig om die land sosiaal, politiek en ekonomies te destabiliseer sodat revolusie kan plaasvind. Daarom het Marx elke massa-optrede beskryf as ‘n revolusie in die kleine. Marx se suster was getroud met Jan Juta, destydse Kaapstadse prokureur en uitgewer.

Marx se suster was nou bevriend met Olive Schreiner en het ‘n minnaar genaamd Ellis, gedeel. Volgens hulle was Ellis se liggaam “soos Christus” vir hulle.

Bron: “A History of Communism in South Africa” deur Dr Henry R. Pike

Loeis ·

Mahatma Gandhi is in 1893 in die Britse kolonie van Natal van ‘n trein afgegooi omdat die Engelse nie wou he dat ‘n Indier eersteklas ry nie (hy het ‘n eersteklas kaartjie gehad).

Daar is seker in London gejuig toe die Nasionale Party ‘n Afrikaanse naam aan die stelsel gegee het want toe kon alles voor die Afrikaanstaliges (vir wie die Engelse juis vies was omdat hulle nie wou verengels nie) se deur gele word.

Maar kyk nou na die foto hierbo na wie dit terugkom. Dit maak glad nie sin nie.

Genis ·

Maroela se trolpolisie is weer op hulle stukke. Niemand kry weer ‘n skewe woord in vandag nie. ;-D

johan ·

Wanneer word mandela en van die ander vryheidvegers se stambeelde geverf. Of is daar nie geld vir dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.