Paul O’Sullivan-assistent ‘verdwyn’

Sarah-Jane Trent (links). Foto: Facebook

Sarah-Jane Trent (links). Foto: Facebook

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het Saterdag gesê die polisie het Sarah-Jane Trent (32), ’n toegelate prokureur en werknemer van die forensiese speurder Paul O’Sullivan, Vrydag in Johannesburg in hegtenis geneem.

Besonderhede oor die redes vir haar inhegtenisneming is nog onduidelik.

Volgens Spies kon Trent vir drie uur nie opgespoor word nie en is daar laat Vrydagaand eers verneem dat sy glo by die Kameeldrift-polisiestasie, noordoos van Pretoria, aangehou word.

“My kollega Louis Taljaard werk sedertdien onverpoos om borgtog gereël te kry, aangesien die polisie dié taak bemoeilik. Verder kon nog geen inhegtenisnemingslasbrief aan hom gewys word nie,” het Spies Saterdagmiddag gesê.

Spies sê voorts dat die polisie Trent se inhegtenisneming aan die media ontken.

“Intussen word sy steeds by die Kameeldrift-polisiestasie aangehou. As sy nie in hegtenis geneem is nie, is sy ontvoer. Dis óf die een óf die ander.”

Ao. Johan van Dyk, plaaslike polisiewoordvoerder vir die Kameeldrift-polisiestasie, het medianavrae na die provinsiale polisiekantoor verwys.

Brig. Sally de Beer, nasionale polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê sy is nie seker na wie Spies verwys waar daar gesê word die polisie ontken die inhegtenisneming nie. “Die polisie sal net die identiteit van ʼn persoon wat in hegtenis geneem is, bekend maak as die persoon sy of haar eerste verskyning in die hof gemaak het. Dit is standaardpraktyk.”

AfriForum het in Oktober verlede jaar sy teenkorrupsie-eenheid, in samewerking met O’Sullivan, in Centurion bekend gestel om korrupsie te beveg.

Die stigting van dié eenheid was die eerste stap in AfriForum se stryd teen korrupsie. Die tweede stap was ʼn privaat vervolgingseenheid wat aan die einde van Januarie op die been gebring is waar adv. Gerrie Nel, voormalige aanklaer vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), aan stuur van sake staan.

Daar word bespiegel dat Trent glo aangekla is vir haar betrokkenheid by die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) se ondersoek na die waarnemende polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane.

Phahlane word deur Opod ondersoek rakende bewerings van korrupsie en dwarsboming van die gereg rakende die bou van sy persoonlike huis in die luukse Sable Hills-landgoed. Opod ondersoek glo hoe Phahlane, wat sy lewe lank nog ʼn polisiebeampte is, dit kan bekostig om die huis, wat glo ongeveer R8 miljoen werd is, te bou.

Phahlane ontken egter dat hy by enige misdrywe betrokke is. Hy het Maandag hofstukke aan Opod, O’Sullivan, Trent, en landdros JR Tsatsi beteken en wil daardeur ’n interdik teen O’Sullivan verkry wat hom verhoed om by Opod se ondersoeke teen hom betrokke te wees.

O’Sullivan het Vrydag aan News24 gesê die Valke het ’n klopjag op sy huis in Johannesburg uitgevoer. Brig. Hangwani Mulaudzi, nasionale woordvoerder van die Valke, het dit egter ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Nico ·

Hulle voel vere. Daar word na bewering elke jaar begroot vir siviele eise gebaseer op onregmatige arrestasies en sterftes in aanhouding.

Kobus Lowies ·

Brigadier, met hierdie beleid kan julle mense makliker martel en wegsteek.

Jy is niks anders as ‘n spindokter nie en is ongeloofwaardig.

Skaam jy nie jouself nie?

Skande!

SP ·

Sally de Beer as spindokter in die Selebi sage is nog vars in ons geheue,nou is sy terug as blast from the past! Jammer,maar ons neem jou kommentaar met n reuse sak sout!

Nel ·

Al loop die leuen hoe snel die waarheid agterhaal hom wel- ‘n toesmeerdery gaan nie help om Phahlane se bas te red nie.

Petrus ·

Ek kan nie glo hulle dink hulle gaan hiermee wegkom nie,een of ander tyd moet sy tevoorskyn gebring word,en dan sal ons die waarheid weet en hulle eier op die gesig he.

·

En dan verwag hierdie einste polisie dat ons hul moet vertrou en ondersteen. (Moet nie ñ fout maak nie, daar is baie goeie polisie mans en vroue….ken ongelukkig nie een nie. Die baie goeies wat ken het al lankal geloop.)

Lewies ·

As daar ‘n tyd in ons land se geskiedenis is, waar die gawe van onderskeiding meer nodig is, as kos en klere is dit sekerlik nou. Die afgelope paar dae se gebeure in die parlement en die barbaardse optrede van sokkertoeskouers op loftus noop ‘n mens om alle politiek-korrekte gedrag oorboord te gooi.

Die leuen word toenemend deur ‘n valse en naiewe politieke beginsel instand gehou. Almal kan mos sien en hoor. Die waarheid word verdoesel, terwille van vrede en stabiliteit. Hoe lank gaan ons dit regkry om by die wortel van die probleem te kom? Mense wat eindelik moet praat bly stil. Nel se opmerking 1 uur gelede vat die waarheid baie mooi saam. Dankie daarvoor! dit gee die perspektief wat ons nodig het. “Hou die waarheid vir jouself en laat die howe oor die regspraak handel, “Die wraak kom ons nie toe nie”

Boetieboer ·

Dit is so waar wat jy sê….”die wat moet praat bly stil”. En dit is regdeur die wereld so a.g.v. groepie elite wat media beheer en politiek korrektheid as die gospel verkondig. Hoe meer chaos polities korrektheid bring, hoe meer geleentheid vir die elite om munt te slaan. En die arme skape wat stem verstaan niks.

Jan ·

Ek wonder hoe moet iemand voel wat sy eie verloën. Kyk daar is mos niemand beter as ‘n siel van dieselfde ras nie. As ek as wit mens die wit mense uitwys dra dit mos soveel meer gewig.

w ·

Skande. Polisie Kommisaris wil hof toe om mense se monde te snoer. Waarvoor is hy bang. N crook is n crook is n crook. Jys of eerlik of jys n skelm. hukom bang vi ondersoek as jy nix het om weg te steek ni

Awie Opperman ·

Hoe kan ons verseker dat hierdie dame vrygelaat word. Ons kan nie net aanhou praat nie, dis hoogtyd dat ons begin aksie neem teen hierdie korrupte spul. Vandag is dit Sarah-Jane, wat as dit môre ek of jy is?

Vic ·

Groot optog buite die polisiestasie – of buite de Beer se huis

Jan ·

Vic, dit is dalk die oplossing. Kan Afriforum nie so ‘n massa optog reel nie? Dis hoog tyd dat ons elke ding wat die sogenaamde polisie, hulle is eintlik ‘n bende onbevoegde kriminele wat mense met bravade intimideer, aanvang, aan die grootklok hang en aan die wêreld uitwys.

Mafsi ya katse ·

“Russia se Diktatorskap” style.
Mafia is n mooi bog.
Ek hoop die ou word gestuit

John ·

Ons geagte staatspresident behoort voor die menseregte-kommissie gedaag te word vir die aanblaas van rassehaat selfs tydens sy staatsrede as die leier van die hele nasie. Hy maak voorspooksels dat iets drasties gaan gebeur om dinge te verander en se duidelik wie sy teikengroep is. Op die’ wyse word haat en woede doelbewus aangeblaas en vertwyfeling gesaai. Die polisie en weermag word nou die ANC-regime se derde arm en wet en orde en geregtigheid word sodoende op grondvlak ondermyn en selfs misbruik.

Flintstone ·

John,hy is net ‘n klein pion in ‘n groter beweging wat daarop gemik is om totale wanorde te skep en dan as redders daaruit voort te kom.Het jy al die gesegde gehoor van die phoenix wat uit die as verrys?Doen jouself ‘n guns en gaan doen bietjie navorsing,jy sal verbaas wees oor wat rerig in die wêreld aangaan!

Flintstone ·

Die geagte SAPD moet die publiek teen die gespuis wat ‘n ordelike samelewing bedreig,beskerm-nie andersom nie!

Leon ·

Die polisieman (ne) wat die arrestasie van Trent uitgevoer het, het dit verseker in opdrag van een of ander politikus of polisieman gedoen as deel van intimidasie van O’Sullivan. As dit so is het die arresterende polisieman verskeie oortredings begaan waarvoor hy nooit vervolg sal word nie. Dis nou net hier waar Gerrie Nel en sy span ‘n private kriminele vervolging kan instel!

SARIE VAN HEERDEN ·

Waarom ‘n ellelange ondersoek doen of ‘n polisieman ‘n duur huis kan bekostig of nie. Dood maklik. Kyk na sy salarisskaal, kyk na die paaiement op ‘n aangegaande huislening, en daar is jou antwoord. Is sy salaris genoeg om die paaiement te dek?

Annie ·

Ek sien ons het nou ons eie Mafia … as dinge nie vir hulle werk nie doen hulle net wat hulle wil!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.