Paul O’Sullivan in hegtenis geneem

Paul O'Sullivan (Foto: Who's Who)

Paul O’Sullivan (Foto: Who’s Who)

Die forensiese speurder Paul O’Sullivan is Maandagaand naby die kantoor van sy regsverteenwoordiger in Pretoria in hegtenis geneem.

Willie Spies, O’Sullivan se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê O’Sullivan het hom by sy kantoor kom spreek en is in hegtenis geneem toe hy by die perseel uitgery het. “Die polisie het hom buite die kantoor ingewag. Ons het hulle glad nie gesien nie. Hy het uit gery en die volgende oomblik het daar omtrent sewe verskillende voertuie uit vier verskillende rigtings gekom om hom voor te keer en hom in hegtenis te neem,” het Spies gesê.

Hy het gesê alhoewel hy nog nie amptelik ingelig is op watter aanklagte O’Sullivan in hegtenis geneem is nie, vermoed hy dat dit met dieselfde aanklag verband hou as waarop Sarah-Jane Trent (32), O’Sullivan se assistent, Vrydag in hegtenis geneem is. Die klagte teen Trent is dat sy haar as ʼn werknemer van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) voorgedoen het. Spies het die klagte voorheen as “belaglik” bestempel en ten sterkste ontken dat Trent haar ooit as ʼn Opod-werknemer voorgedoen het. Maroela Media het vroeër berig Trent is Sondagaand laat op borgtog vrygelaat.

Spies het beklemtoon dat ongeag wat die aanklag teen O’Sullivan is, is die polisie skuldig aan minagting van die hof omdat hulle glo ʼn hooggeregshofbevel oortree het deur O’Sullivan in hegtenis te neem. “In November verlede jaar is daar ʼn hooggeregshofbevel uitgereik waarin daar beslis word dat die polisie nie vir O’Sullivan in hegtenis mag neem voordat hulle hom nie 48 uur kennis gegee het om hom by ʼn polisiestasie aan te meld nie. Hulle het dit nie gedoen nie en is daarom skuldig aan minagting van die hof,” het hy gesê. “Hierdie is maar net weereens die polisie wat hul intimidasie-veldtog voortsit.”

Sarah-Jane Trent (links). Foto: Facebook

Sarah-Jane Trent (links). Foto: Facebook

Hy het gesê dit is nog nie duidelik hoe lank O’Sullivan in polisieaanhouding sal wees nie. “Ons het reeds met die dringende regter aan diens gereël om 21:00 vanaand in die hof te verskyn. Ons sal eers dan moet sien wat daar gebeur.”

Die nasionale polisiewoordvoerder kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

AfriForum het in Oktober verlede jaar sy teenkorrupsie-eenheid, in samewerking met O’Sullivan, in Centurion bekend gestel om korrupsie te beveg. Spies het vroeër gesê Trent het gehelp met die formulering aan ʼn klagte wat deur Opod ondersoek word en verband hou met bewerings dat die waarnemende polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, by korrupte aktiwiteite betrokke was.

Opod ondersoek glo hoe Phahlane, wat sy lewe lank nog ʼn polisiebeampte is, dit kan bekostig om die huis, wat glo ongeveer R8 miljoen werd is, te bou. Phahlane ontken egter dat hy by enige misdrywe betrokke is. Hy het Maandag hofstukke aan Opod, O’Sullivan, Trent en landdros JR Tsatsi beteken en wil daardeur ’n interdik teen O’Sullivan verkry wat hom verhoed om by Opod se ondersoeke teen hom betrokke te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

w ·

Jinne ma Phahlane keer vi sy wickets. Ek het nix om weg te steek so mense kan my ma ondervra. Moet sleg wees om elke oomblik te wonder wanneer slaan die gereg toe ne mnr phahlane

Piet Snot ·

Die feit dat die polisie so te kere gaan, sê my Sullivan doen iets reg.

Ouman ·

Dan verwag SAPS dat die publiek hulle met respek moet behandel. Daar is geen twyfel dat magsmisbruik die norm geword het vir SAPS en die Hawks nie. Dit is tyd dat hulle persoonlik moet begin betaal vir die regskoste en skadevergoeding eise. Belastingbetalers moet die mors van bekastingeld begin beveg. Die sogenaamde kommisaris veg darem baie vuil vir iemand wat onskuldig is. As bekendes wat toegang tot regsverteenwoordiging het so behandel word kan mens net dink hoe die res van die bevolking deurloop.

ertjie ·

Dit is darem nie die hele SAPS nie, daar is n klomp baie goeie polisiebeamptes wat n uitstekende werk doen onder haglike omstandighede. Hierdie is n heeltemal ander spel wat hom afspeel. Die eintlike varke is die burokrate

Speedguard ·

Absolute misbruik van magte, en die belastig betaler moet weer hoes!!

Dellaq ·

Dis baie scary…. die polisie maak soos hulle wil, wanneer en waar, nes hul wil. Minag hofbevele ens. Hierdie bekende mense het regsverteenwoordigers wat regstaan om hulle te hulp te snel. Watse kans het ons armsalige burgers as ons dalk ooit onregmatig inhegtenis geneem moet word? Klink soos ons uitgelewer is aan magsbehepte politici en polisie wat maak en breek soos hulle wil.

Gerrit ·

Ons gewone burgers het geen kans wanneer onregmatige arrestasie plaasvind nie. Glo my – ek weet. Shaun Abrahams verseg om korrupte polisiebeamptes te vervolg. Hy beweer nog steeds dat ek skuldig is, alhoewel ek ONSKULDIG in die hof bevind is. Landdros het ook bedrog van die polisie pertinent in beslissing uitgewys.

Ek was aangeklae vir `n misdaad wat nooit plaasgevind het nie. Swart SAP wou my as Witman slegs `n les leer. !!

Die korrupte gemors !!

jaco ·

O’Sullivan het ook Ierse burgerskap. Hy kon mos al LANK terug hierdie stupid land met sy staatsgesubsideerde misdaad verlaat het. Ek kan nie verstaan hoe wit mense met so ‘n “agterdeur” nog nie almal weg is nie.

Rupert Ashford ·

Hierdie vertel vir ons in hoeveel moeilikheid hierdie liewe landjie is danksy die ANC van Mandela. Boewery.

Sug ·

Ralph lees alles weer mooi. Afriforum het in samewerking met O’Sullivan hulle teenkorrupsie eenheid begin.

rafel ·

Dinge ruk nou handuit…totale anargie is ons voorland. Vaarwel SA.

Nico ·

Probleem lê by uitvoering van hofbevele. Het iemand al ooit gehoor van ‘n hoë staatsamptenaar wat gearresteer en toegesluit is vir minagting van die Hof? Almal maak soos hulle wil in die piesangrepubliek. En die belastingbetaler dok op vir die siviele eise en regskostes.

Manie ·

Ek kan nie glo in wat se sirkus die land verval het. DE klerk en sy klomp boewe wat ons uitgelewer het aan die die anc moet pa staan vir wat hier gebeur het. Die aan die regter kant van die liberale politiek lag seker nou lekker in hulle mou nadat hulle vir hoe lank die mense in die land gewaarsku het dat die sirkus wat nou hier plaasvind gaan gebeur. Ek blameer die liberale wit mense wat nou so vinnig weghardloop vir die gemors in ons land

Smirre ·

Hoekom sal die SAPD die goed doen?

Hoekomm sal die Komm wil verhoed dat hulle saam met OPOD werk?

Het hy/hulle iets weg te steek?

Speedguard ·

Die kort antwoord is – Verseker steek hul alles wag, almal doen dit en is dit blykbaar norm !

Reet ·

Die outjies in die bloulig waentjies is seker ook outjies wat moet keer vir hulle wickets … almal van hulle korrup en het almal korrupte geraamtes in kaste …

Hennie ·

Magtig maar die zimbabwe ag ekskuus tog suid afrikaanse regering is maar lekker besig met hulle intimidasie veldtog teen blankes albei wat gearresteer is is blank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.