Die forensiese speurder Paul O’Sullivan se assistent, Sarah-Jane Trent, het Dinsdag in die Pretoria-landdroshof verskyn op ʼn aanklag dat sy haarself as ʼn werknemer van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) voorgedoen het.
Trent is Vrydagmiddag in hegtenis geneem en Sondagaand laat vrygelaat nadat sy in die hooggeregshof in Pretoria verskyn het. Haar borgtog is later op R5 000 vasgestel.
Trent en O’Sullivan het saam met Opod gewerk aan ʼn ondersoek na bewerings dat die waarnemende polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, by korrupte aktiwiteite betrokke was.
O’Sullivan is Maandag buite AfriForum se kantoor in Centurion in hegtenis geneem. Hy is toe na die Kameeldrift-polisiestasie geneem waar hy aangekla is van bedrog, intimidasie en afpersing. Hy is Maandagaand laat vrygelaat nadat sy regspan ʼn hofbevel bekom het.
Intussen is die saak teen Trent tot 19 Mei uitgestel.
Bring ‘n hofaansoek dat hierdie Polisie eenheid onmiddelik gestop en tot verantwoording gebring word en hul bevelvoerder persoonlik ge-arresteer word vir minagting van hof. Hulle is niks anders as ‘n sinistere geheime diens vir enkele individue in die regering
Stem