Paulpietersburg-plaasmoord: AfriForum lê klag

Argieffoto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD, Facebook

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag ʼn klag by die nasionale en KwaZulu-Natalse polisiekommissarisse aanhangig gemaak nadat die plaaslike polisie en Newcastle se honde-eenheid glo teen ‘n slakkepas reageer het nadat Nico en Mercia Lens op hul plaas doodgeskiet is.

Volgens Eugene van Aswegen, AfriForum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal het die Lens-egpaar se bure eers op Mercia se liggaam in die slaapkamer afgekom, nadat ʼn noodsein oor die radiostelsel deurgekom het. Nico se liggaam is aan die buitewyke van die plaaswerf gevind.

“Die naaste polisiestasie is 30km van die plaas af, maar dit het die SAPD ongeveer ’n uur en half geneem om by die toneel aan te kom. Die Newcastle-polisie se honde-eenheid het eers ongeveer drie ure na die voorval opgedaag. Die honde-eenheid is een van die waardevolste reaksie-eenhede, hulle moes dus baie vinniger op die toneel wees,” het Van Aswegen gesê.

Volgens Chris Fourie, AfriForum se provinsiale koördineerder in KwaZulu-Natal, was dit reeds te donker vir ʼn doeltreffende soektog. “Die gemeenskap se boere het die omgewing saam met die SAPD gefynkam vir die verdagtes. Die Lens-egpaar is geken as baie liefdevolle mense van die omgewing. Hulle word oorleef deur hul dogter.”

Lees ook:
KZN-plaasmoord: Egpaar op hul plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

HEVW ·

Kan nie help om soms re wonder of dit nie nou die tyd van Siener van Rensburg se nag van die lang messe is nie. Wat seker is dit raak al donkerder om ons. Ons sal later nie meer ons hand voor ons gesig sien nie.

Eva ·

Die vader weet, wanneer gaan ons mense wakker skrik. Hierdie regering is useless. Dis moord, kwotas, tranformasie, regstel aksie, diefstal van ons belasting , winkelsentrums word geplunder. Ons kos sekuriteit is ingedrang en ons erfenis word vertrap. Hierdie regering wil nie ons samewerking hê nie, dit is so duidelik soos daglig. Hulle voer oorlog teen ons en ons sit maar net stil.

Theresa ·

Julle mors julle tyd maar dankie vir die probeer. Hierdie regering voel minder as niks oor al die misdaad. Solank dit net nie hulle raak nie. Hier is maar net nog ‘n plaas wat gevat kan word.

pop ·

Dis n baie sinistere komplot teen wittes. Een of ander tyd gaan hier ook niks oor wees soos in ons buurland, en watter grens gaan die spul hier oorsteek vir kos en werk. Wonder of hulle dan sal besef, wittes het die land aan die gang help hou.

Jaco Brits ·

Mense ek is nie snaaks nie. Die klomp is slimmer as wat ons dink. Hulle wil he dat ons die wapen optel. Sodat die (wêreld) weer kan se ons blankes het oorlog begin.

Hulle wil he ons moet (wêreld) sanksies teen ons kry. Dat daar soos voor 1994 gese kan word gee “arparthuid” die blaam.

Die klomp voer klaar n oorlog teen ons. Al wat ons kan doen is sluit aan by julle GPF’s en wees beraad. Moet nie met julle broeke op die kniee gevang word nie.

Beskerm jou mense en begin saam staan as gemeentskap. Dit is nou tyd dat ons in ons gemeentskappe begin saam staan.

Ons kan kla soos ons wil niks gaan dit verander nie.

Ons weet nou al teen die tyd ons staan alleen teen die magdom en dan het ons ook nie juis ondersteuning van ons sogenamde Saps nie.

Ons hardloop weekliks rond met probleme in ons areas.

Begin patrollies ry. As jy sien jou buurman se hek is oop ry in en kyk hoekom. Begin jou gemeenskap ken. Kry ‘n patroon van hoe hulle te werk gaan.

Leer hulle veld tekkens. As julle nie dit ken nie kantak my op [email protected] en ek stuur dit vir julle.

Wees waaksaam en hou net moet.

andries ·

hi mense onthou daar hang bord by zuma se huis this is zuma home go and take the farmes and you now what to do to the boer ?????

Frans ·

ANC reeds skuldig aan geneocide teen die Afrikaners, kyk na die definisie van genocide en die vlakke. http://www.genocidewatch.org

Siener het voorpsel voor die aanloop van WW3 en die donker tyd vir Afrikaners, dat Duitsland onder beheer sal wees van ‘n Christen vir die eerste keer in Duitsland se geskiedenis, en dit is moontlik Angela Merkel, die huidige Chancelor van Duitsland, sy sowel as haar party is Christen.

Siener praat van Duitsland wat Namibia sal terugneem in die tyd en kort na dit 3 briewe stuur aan die Parlament van SA, i.e ANC. Die briewe sal ultimatums stipuleer en na die 3de brief spartel die ANC, en sal die einde beteken aan hulle bewindheid.

Hy noem dat in die tyd die pensioen fonds in een sal stort, neem in ag die regering het die staat pensioen fonds gebruik vir SANRAL se E-Toll projek, wat tans lyk of dit gaan plat val.

Hy praat van God laat ‘n wonderwerk gebeur in SA, en hoe nodig het ons dit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.