Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisiebeampte was konst. Zaine Sheik (27) van die KwaMashu-polisiestasie. Sy vriendin was die 25-jarige Sheree Branches.
Die voorval het Donderdag plaasgevind. “Die twee het omstreeks 12:00 ʼn rusie in die winkelsentrum gehad waartydens die beampte sy vuurwapen uitgehaal en geskiet het,” het Zwane vroeër gesê.
Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, is die twee op die toneel dood verklaar.
Niemand anders is tydens die voorval beseer nie.
@alet
Besef jy dat jy van mense se lewens praat? Skaam jou. Ek is van mening dat jy omverskoning moet vra.
@Alet sies ek skaam my dood vir jou opmerkings. EK was daar en daardie arme mense. Geen wonder hulle almal haat ons witmense so nie met sulke opmerkings. Die ouers van Sharee (Indiers) is stukkend en ook nie eerste tepraat van die moordenaar nie. Almal het maar argumente tensy jy onskuldig is in dit. Maar dit is n lelike ding en het nie jou vieslike kommentaar nodig nie.
Dagsê Jan en Marlene
Ons vra om verskoning dat Alet se kommentaar deurgeglip en so lank op die webwerf sigbaar was, ons het dit ongelukkig nie betyds raakgesien om dit uit te vee nie.
Die aanstootlike kommentaar is nou uitgevee.
Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media