PE-bejaarde met hamer aangeval

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Anne Smith, ʼn 86-jarige inwoner van Port Elizabeth, veg om haar lewe in ʼn plaaslike hospitaal nadat sy Maandagmiddag tydens ʼn huisroof met ʼn hamer aangeval is.

AO Alwin Labans, polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 13:00 in Marthastraat in Kammapark plaasgevind.

“Die bejaarde vrou se buurman het by die huis gekom en opgemerk twee mans spring uit haar erf oor die muur. Hy het die verdagtes agternagesit en hulle het ʼn sak met waardevolle besittings, soos ʼn skootrekenaar en kameras, laat val,” het Labans gesê.

Labans het gesê die buurman en ander inwoners is daarna na die vrou se huis waar hulle haar in ʼn plas bloed op die vloer aangetref het. Sy is vermoedelik met ʼn hamer aangerand toe sy die mans betrap het terwyl hulle haar huis geplunder het.

“Sy is dadelik na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Sy is in ʼn kritieke toestand en steeds in die hoësorgeenheid met bloeding op haar brein.”

Smith woon saam met haar volwasse seun, wat glo doof en verstandelik gestrem is. Hy is ongedeerd gevind, maar kan nie vir die polisie sê wat gebeur het nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Labans het egter gesê die polisie volg talle leidrade op om die verdagtes aan te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JJ ·

Nóg n bejaarde wreed aangeval en probeer doodmaak. Mense, die regering nie CR of ou Mmusi gaan enigens iets doen nie, tyd dat ons vir ons self opstaan en terug baklei, die gesit en wag gaan nog ons einde wees

Liberaal ·

Liberale kampvegters beskerm sulke moordenaars, selfs al val hulle hoogsbejaardes aan. Jy mag niks aan hulle doen nie, jy moet hulle toelaat om lewens te neem al is dit van weerloses en as jy hulle weg sjoe sjoe moet dit sagkins wees sonder wapens. Jy mag ook dit nie slegpraat nie, so wil die liberale misdadigerregtevegters dit he.

Regte uitweg ·

Ek dink om saam met Patricia de Lille te staan, sy gaan die regte uitweg wees. Patricia begin jou eie party, dit is omdat jy goed soos die direk aanspreek wat hul jou uitwerk.

Bok Bok ·

Dit gaan nie hieroor watter politieke party jy onderdteun nie!
Wees waaksaan glo en vertou op God drie enig. Want Hy is jou betskremer. Wie op Hom vertrou word nooit te leurgestel nie.
Ons wil te weel op ons eie staat maak. Ons kan vir onsself self brskerm!

Jaylo ·

GEEN PROBLEEM MET veiligheid in SA nie. Geen rede om te vlug of te emigreer nie .SA is die veiligste land — net so agter Syria .. .Doen zo voort . net jammer die onskuldige oumense en kinders moet vir die LEUEN betaal.

Willie ·

Gaan soek al die antwoorde by EFF, en die aanblaser daarvan!

Oom Kalahari ·

Weerlose oumense is die teikens. Hul is boewe en lafaards.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.