PE-betogings eis een; ander beseer

Betogings in Port Elizabeth (Foto: ANA)

ʼn 23-jarige man is oorlede en sowat drie ander ernstig beseer te midde van ʼn gewelddadige protesaksie in die noorde van Port Elizabeth.

Volgens die polisie het dié betogings intussen handuit geruk nadat betogers ammunisie gebruik het om op die polisie te skiet.

Inwoners van die noordelike gedeeltes in dié stad betoog al die hele week teen werkloosheid en ʼn gebrek aan geleenthede.

Betogers het bymekaargekom by “die gaat”, ʼn gebied in Helenvale wat gekenmerk word deur dwelms en bendeaktiwiteite.

ʼn Taxibestuurder, wat uit vrees vir sy lewe nie sy naam wou noem nie, sê hy het Donderdagoggend ʼn meisie huis toe vervoer nadat sy vroeër die dag siek by die skool geraak het.

Op pad terug na die omgewing waar hy werk, het twee mans hom gestop. “Die man was in die nek geskiet en sy lewe was in gevaar, ek het hom na die hospitaal vervoer,” sê hy.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het Donderdagaand bevestig dié man is intussen oorlede.

Sy het ook gesê twee ander mense is ernstig beseer in die betogings. Een man is glo in die hand geskiet terwyl ʼn ander man deur ʼn rubberkoeël beseer is.

Talle polisievoertuie en geboue is ook tydens die betogings beskadig.

Die burgemeester, Athol Trollip, se woordvoerder, Sbongile Dimbaza, het gesê hulle het talle klagtes van inwoners ontvang, maar het aangekondig dat die burgemeester Vrydag ʼn toespraak sou lewer.

Dimbaza sê dit is vreemd dat daar so gewelddadig betoog word wanneer Trollip reeds gesê het hy sal die griewe aanspreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

snoefie ·

is die betogings oor werkloosheid en vir beter geleenthede die afgelope week net in da beheerde dorpe nie? dis so ondeursigtig ek sien die anc duidelik daar agter. julle moet ophou om mense op te sweep. nie die geleentheidloses of die anc kan verwag iemand anders moet vir hulle dienslewering, huise of ekonomiese ontwikkeling betaal terwyl hulle WERKLOOS en onbesorg net kinders maak nie. jammer om te sê.

Hendrik ·

ek hoop nie hierdie gemors tesame met plaasmoorde gaan in n burgeroorlog ontaard nie. ek hoop ek is verkeerd om so te dink.

Selina ·

Ja nee ek sit en dink diselfde ding nou.
In Port Elizabeth noordelikE gebiede maak mense mekaar oop en bloot dood oor wat…geld en mag..in brake.
Drugs en nou verhoed hulle ander om by werk uit te kom. Ek lees van al die plaasmoorde en die kommentaar en vrese
Oor wanneer kom die skurke weer toe slaan. Dis net n groot gemors al die on nodige sterftes.
Hoe nou gemaak? Onskuldige mense leef in vrees

piper ·

jmala ek stem saam. hierdie optredes jhb. pta. pe. kaapstad. almal DA gebiede word deur die ANC aangeblaas. die probleme wat op die weskaap plase was , was ook deur die ANC aangeblaas. die ANC kan nie n pak slae soos n man vat nie en dan wil hulle daardie gebiede wat hulle verloor het onregeerbaar maak. as hulle die verkiesing verloor gaan dit n allerdaagse gebeure wees elke dag regoor die land.

Callie ·

Mense, Zuma is besig met n baie groot plan. Hy maak die land onregeerbaar sodat hy die weermag kan inkry en alle, alle mag vat en dan gaan niks hom keer. Hy beplan om SA se Mugabe te word. Word wakker, sien hoe slim hy is. Waarom dink julle is die weermag lede klaar groot verhogings beloof. Mugabe styl, koop hulle lojaliteit en bly in mag

Callie ·

Sorry, maak bie saak hoe sag ek optrede stel. Hulle plaas dit nie

Jacqui ·

Snaaks hoe dit meestal DA areas wat brand. ANC wil dit moeilik of totaal en onmoontlik maak om te beheer. Alles deel v Zuma se vuil spel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.