PE-boer tydens plaasaanval geskiet; verdagte sterf toe hy vlug

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Oos-Kaapse boer is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy gister tydens ʼn aanval op sy plaas in die Groenbossie-omgewing buite Port Elizabeth geskiet is.

Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het gesê Kobus du Toit (74) en sy 72-jarige vrou is omstreeks 16:45 op hul plaas Brakkenfontein aangeval. Rheeder het gesê ʼn VW Polo met vier insittendes het by die plaas opgedaag en gevra hulle wil ʼn bees koop. Nadat ’n werker hulle na ʼn beeskraal geneem het om ʼn bees uit te kies, het hulle versoek om die eienaar van die plaas te sien sodat hulle oor die prys van die bees kan onderhandel.

“Mnr. Du Toit het hulle in ʼn kantoor op die plaas gespreek. Hulle kon egter nie oor ʼn prys ooreenkom nie en ʼn rusie het ontstaan,” het Rheeder gesê. “Twee van die verdagtes het vuurwapens uitgeruk en al die selfone in die huis en die kluis se sleutels geëis.”

Die aanvallers het Du Toit in die huis ingeneem waar hulle sy vrou vasgemaak het. Voor hulle hom ook kon vasmaak, het hy ʼn vuurwapen wat hy aan sy lyf gedra het, uitgehaal en op die verdagtes geskiet. Hy het later gesê hy vermoed hy het een van die aanvallers gewond, maar dit is nog nie duidelik of dit wel die geval is nie, het Rheeder gesê.

“Die aanvallers het teruggeskiet en mnr. Du Toit is in albei bene getref en in sy maag,” het hy gesê. “Een van die aanvallers het so groot geskrik dat hy deur ʼn venster gespring het om te probeer ontsnap en homself redelik erg gesny het. Ons vermoed hy het die slagaar in sy arm afgesny.” Die ander drie verdagtes het in die VW Polo gespring en met Du Toit se vuurwapen en drie selfone gevlug.

Nadat die polisie ontbied is, is die liggaam van die verdagte wat deur die venster gespring het, ongeveer 800 m van die huis af gekry. Hy het doodgebloei. Rheeder het gesê die verdagte is welbekend aan die polisie, maar hy wou nie uitbrei hoekom dit die geval is nie.

“Die Polo is later by Fitchers Corner, nie ver van die plaas af nie, gevind. Die voertuig is vroeër tydens ʼn kaping in die Motherwell-gebied gesteel,” het hy gesê.

Du Toit is tans in die hospitaal in ʼn ernstige maar stabiele toestand. Sy vrou is baie getraumatiseerd, maar nie beseer nie, het Rheeder gesê. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van huisroof en poging tot moord word ondersoek.

Johan van der Berg (54), ʼn afgetrede tegnikus en sakeman, is Vrydagaand op sy kleinhoewe in dieselfde gebied vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

HANNIE ·

Wonder net: HOEKOM! wil of mag Kapt. Rheeder nie se wat die rede is dat die skelm, bekend is aan die polisie nie!! Baie sterkte aan die Du Toits.

Rynhardt ·

Ek hoop die boer van Groenbossie herstel gou.Boere,julle moet nou begin wakker word!Jy kan nie wild vreemdes op jou grond toelaat nie.Hul kom nie om jou vee te koop nie,maar om jou te beroof en dood te maak!Werkers moet ook ingelig word en alarm maaj sodra vreemdes opgemerk word!Boere,julle bly in die onveiligste en gewelddadadigste land ter wereld.Wat is fout dat julle nie wil wakker word nie.Jy moet gewapen wees en moenie vreemdes toelaat nie.Hulle gaan jou slag!

Flippie ·

Rynhatdt, ek is ‘n Boer in KZN. Ek is al drie meer op my plaas aangeval. Ek het nie ‘n wapen nie,want die polisie het my wapen afgeneem nadat ek ‘n waarkuwingskoot afgevuur het toe ‘ n munisipale amptenaar van die DURBAN metro my plaas wou beset en agresief geword het. Daar is ‘n saak van poging tot moord teen my gemaak wat ek nou al 20 maande lank teen ‘n koste van R140 000.
So dit is nie ‘n kwessie van paraat wees nie. As jy paraat is Draai die gereg die reg op jou. Ek you nou maar my plek soon met mensvreter honde. Voordeel is dat dit ook die polisie weghou.

Zena ·

Ryn, hoe moet die boere wakker word? hul slaap nie!! hulle weet wat gaan aan buite. wat verwag jy moet hul doen? geen besigheid? so, vreemdes wat wel daar opdaag vir besigheid mag nie toegelaat word nie? en hoe moet die werkers weet dies wat voo hul staan is skelms? hulle uitruik?! Se maar net. en wees jy maar wakker, want dis nie net op plase wat jy onveilig is nie. enige plek..enige tyd!

Rynhardt ·

Zena, dit is verstommend van hoe jy redeneer!In watter SA bly jy?Se meer as 4000 moorde op witboere nie vir jou iets nie?Goeie genugtig,dit het laat geword in SA!Zena,ek gaan jou nie eens verder antwoord nie!

Jackie ·

Mnr du Toit bly so 3km van ons af, dis Rocklands area, redelik ver van Groenbossies. Ons as boer is wakker, buurtwagte is in plek, ‘n sekuriteitsfirma het 3 voertuie elke dag in die area. Ons doen wat nodig is om ons te beveilig. Sommige boere is afhanklik daarvan om uitskot diere van die plase af te verkoop. Om hierdie diere slagpales toe te neem is soms ‘n helse verlies, pryse is soms pateties. Ons het besluit om niks van die plaas af te verkoop nie juis omrede ons bang is vir aanvalle..glo my dit ruk ons sak. Mede boere was 1ste op die toneel by Mnr du Toit, hy het 1 gewond, die is in die hospitaal. Hierdie oompie van 74jr het man alleen 4 nerwe laat spat. Hy sterk goed aan en sal uit die hospitaal stap, want daars nog baie “fight” in daai boer oor.

anthonie ·

Zena, ja duidelik verstaan jy gladnie wat Rynhardt probeer se nie. Moet liewer nie iemand aanvat as jy nie mooi verstaan nie. En hoe jy redeneer is tragies.

GES ·

Ek stel voor dat boere geen handel dryf vanaf hulle plase om ongewensde elemente weg te hou. As lewende hawe te koop aangebied word, neem dit liewer na ‘n openbare vendusie. Ek weet dit gaan baie moeilik en ek het begrip vir wat aan die gang is. Sit kennisgewings op en sluit hekke. Dit is alles maar net voorstelle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.