PE-casino beroof

Die Boardwalk Casino. Foto: @NightjarTravel / Twitter

Die Boardwalk Casino. Foto: @NightjarTravel / Twitter

Twee gewapende mans het Dinsdag die Boardwalk Casino in Port Elizabeth in die Oos-Kaap beroof.

Ao. Alwin Labans, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die rowers het ʼn veiligheidswag met ʼn vuurwapen aangehou. “Die rowers het daarna ʼn aansienlike bedrag kontant in ʼn waentjie gelaai en weggehardloop,” het Labans gesê.

Die verdagtes het met ʼn wit BMW van die toneel gevlug.

Niemand is tydens die rooftog beseer nie, en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.  Die ondersoek duur voort. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.