PE-dierekliniek kort dringend hulp

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die Animal Anti-Cruelty League (AACL) in Port Elizabeth het groot skade gely ná hul vervoerwa in ʼn trompop botsing afgeskryf is.

Volgens Linda-Louise Swain van AACL is dit hul enigste werkende voertuig wat tans gebruik word om diere in nood te vervoer. “Dit is verskriklike nuus, maar gelukkig is ons personeel en diere nie in die botsing beseer nie,” sê Swain.

Die kliniek se personeel het met eie vervoer die diere gaan haal ná die ongeluk en weer terug na hul huise gevat aangesien hulle op ʼn werkroete was ná steriliserings. Die skade wat aan die voertuig gerig is, hou groot gevolge vir die res van die kliniek se bedrywighede in, aangesien daar weer dié naweek ʼn klomp steriliserings gedoen moet word.

“Ons is dringend op soek na ʼn vervoerwa; dit kon nie op ʼn slegter tyd gebeur het nie. Ons ander voertuig is in vir ʼn baie groot diens en ons sit nou met ons hande in die hare.”

Swain meen mense in Port Elizabeth sukkel om welsynsorganisasies te ondersteun oor die huidige ekonomie en waterskaarste wat tans in die gebied beleef word. Almal by die kliniek sal egter steeds hul bes doen om diere in nood te versorg.

Daar word ʼn beroep op mense gedoen wat moontlik dié organisasie kan bystaan.

“Ons is reeds 34 jaar doenig in die gemeenskap. Indien ons ons bedrywighede moet staak, sal baie diere se lewe ingrypend geraak word.”

Indien jy hierdie organisasie kan bystaan, bel Linda-Louise Swain by 082 838 3988 of stuur ʼn e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Chris ·

Hoekom word die fiets wedren wat gekanselleer is se geld nie aangewend om n voertuig vir die mense te koop nie…..die diere sal dit meer waardeer!!!!

Helene ·

@Chris – die geld van die afgestelde Argus Fietstoer IS geskenk – vir die slagoffers van die Houtbaai brande en ‘n diere-organisasie wat diere uit die brandende puin gered en nou huisves/behandel. Heeltemal regverdig ook, sou ek sê! PE is immers in die Oos-Kaap en nie in die Wes-Kaap nie; waarom moet geld wat in die Wes-Kaap gegeneer is vir ‘n doeleinde in die Oos-Kaap aangewend word? Hoewel ek baie simpatie het met enige diereorganisasie (dit gaan maar ERG broekskeur met almal, want hul leef letterlik op genade). Ek sê ook: bring terug hondelisensies en wend daardie geld aan vir die dieresorgvereniging wat deur ‘n bepaalde munisipaliteit in ‘n bepaalde dorp/stad/voorstad aangewys is.

M'Lady ·

jennefer, hierdie mense oorleef op aalmoese van die publiek. Dalk was die voertuig nie verseker nie omdat hulle dit nie kan bekostig nie.

Annie ·

jennefer, hy mag dalk verseker wees maar hulle het geen voertuig in die tussen tyd nie. Diere organisasies kry geen hulp van die staat en maak staat op donasies. Hulle help ook diere waar mense nie veearts kostes kan bekostig nie.

Ruby ·

Ek bid dat hierdie berig iemand se hart raak en ‘n voertuig skenking maak. As dit binne my vermoeë was het ek dit gedoen.

Vir iemand wat weet:
Hoekom is die honde lisensies van vroeër jare afgeskaf en kan dit nie heringestel word nie?

Te veel diere ly onder honde eienaars wat nie behoorlik vir hulle kan sorg nie.

Andrea ·

Ruby, jy is so reg! My vriendin het Sondag ses honde gaan “konfiskeer” by mense (blankes). Hulle woon in ‘n piepklein Wendyhuis en noem dat hul nie geld het vir kos of enige iets anders het nie… Toe die vriendin daar kom, staan die man en sy vrou elkeen met ‘n bier in die hand. Die honde kry nooit kos nie en lyk soos trapsuutjies. Hul behoort nie diere aan te hou nie, want hul kan nie vir hul sorg nie! Die bier is te belangrik.

Chris ·

Honde lisensies?? Nou vra ek vir julle……al was die lisensies nog “wettig”……wie dink julle sou dit betaal het? Niemand nie net soos al die ander dinge wat gevat word (krag, ens)….eish!!

Leonie ·

Ai ek hoop iemand kan hier help. As ek kon sou ek defnitief!!! Hoop daar kom sommer groot skenkings. Sterkte en ek is bly niemand het seergekry nie.

Mellie ·

Viva hondelisensies!! Publiek kan gerus ook minder n blinde oog gooi en meer betrokke raak, uitreik, wette toepas en bewusmaking daar stel. Dis seker nie te veel gevra vir Godgeskape wesentjies wat nie vir hulself kan praat nie?

Sandy ·

Sal dit die wonderlik wees as alle diere-eienaars voortaan verplig kan word om diere te steriliseer nie. (Geregistreerde telers vrygeskeld). Enige dier te koop aangebied hetsy “puppy mills” of troeteldierwinkels moet slegs gesteriliseerde diere verkoop..Ja ja dis veel gevra maar op ‘n manier moet daar ‘n patroon geskep word om eienaars verantwoordelik te laat aanvaar vir al die hordes rondloperhonde en wreedheid teenoor diere. Dit sal egter net so moeilik gekontroleer kan word soos lisensies. Jammer tog dat mense al meer gevoelloos/afgestomp raak. En al daai katte wat snags so “serenade” in ons strate…….wil jy rerig vir my vertel die eienaars hoor dit nie en gee nie om dat daar oor ‘n kort rukkie ‘n spul kleintjies gebore gaan word nie…. net om die kringloop te herhaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.