PE-dubbelmoord: Lasbrief vir Mosambiekse tuinier uitgereik

Ezequiel Carlos Cossa (Foto: SAPD via Facebook)

ʼn Lasbrief vir die inhegtenisneming van ’n Mosambiekse man is nóú meer as twee jaar ná die wrede moord op ’n bejaarde egpaar van Summerstrand in Port Elizabeth uitgereik.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het Maandag gesê ’n internasionale en plaaslike lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van Ezequiel Carlos Cossa (26) in verband die moord op André (65) en Lidia Saaiman (69) in November 2017.

Die Saaiman-egpaar is die oggend van 6 November 2017 dood in hul huis aangetref nadat hulle vermoedelik met ’n byl vermoor is. Hulle was met kabelbinders vasgebind en albei het kopwonde gehad. ’n Byl is ’n ent van die liggame af gevind.

’n Nadoodse ondersoek het bevestig André is weens erge kopwonde dood terwyl Lydia verwurg is. ’n Dubbelmoordsaak en ʼn saak van huisroof word ondersoek.

André en Lidia Saaiman. Foto: Facebook

Cossa, wat in daardie stadium die Saaimans se tuinier was en op hul erf gewoon het, word gesoek in verband met dié dubbelmoord. Cossa is ná die moord sak en pak met al sy besittings vort.

“Ons vermoed Cossa het na Mosambiek teruggekeer en vandaar is ’n internasionale lasbrief uitgereik. Die moontlikheid bestaan wel dat hy intussen al na Suid-Afrika teruggekeer het.”

Enigiemand met inligting oor waar Cossa hom moontlik bevind, word versoek om ao. Johan Raubenheimer by 074 430 6048 te bel. “Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word,” het Naidu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

emily ·

GEMORS SAL NOOIT GEVANG WORD NIE. Blameer die slapgat regering.

Kobus ·

Regering moet verantwoordelik gehou word vir elke moord gepleeg deur uitlander.

Wonder net ·

Nee maar good luck om daai glibberige meneer vas te trek. Kyk of hy nie in die parlement werk nie

Piet parys ·

As die anc regering beheer het oor die landsgrese sal gemors soos hy gevang kan word . Werkers by tuindienste ook nie betroubaar nie baie is ook ingevoer . So wakker slaap . Ns Ek doen al my werk by die huis self want ek moet .

wet ·

Ja kyk, ek lees baie van bejaardes wat aangeval word deur hulle werkers. As jy bejaard is laat jy nie iemand sterker as jy by jou laat woon nie. Vandag kan mense nie vertrou word nie.

aj ·

‘n Privaat speurder sal die moordenaar kan opspoor … en sommer elimineer ook!

JohanR ·

Ek weet jy moet in SA eintlik ‘n werkskepper wees, maar ons doen self die huiswerk, was, stryk, kook ens, en die tuin los ons vir ‘n tuin diens. Soe daar is geen vreemdeling in die huis of buite die huis nie, en die wat vel agter die hek en hoe heining is, is jou naaste familie en hopelik ken jy hulle, en hulle ken jou, soe daar is geen “surprises” soos ‘n skerp byl nie! Die geld wat gespaar word elke maand op ‘n werker in die huis of in die tuin, gaan vir ‘n lekker uiteet maaltyd elke maand.

Piet parys ·

As die anc regering beheer het oor die landsgrese sal gemors soos hy gevang kan word . Werkers by tuindienste ook nie betroubaar nie baie is ook ingevoer . So wakker slaap . Ns Ek doen al my werk by die huis self want ek moet .

jakes ·

Sal hom nooit opspoor nie, daar is omtrent 1 miljoen mans wat nes hy lyk. Die drek was waarskynlik soos miljoene ander onwettig in SA.

PJC ·

Altyd die tuinier en nog steeds leer mense nie. Dit is uiters tragies.

J J Schoeman ·

Stem saam met PJC, altyd ‘n tuinier. My vraag is, hoekom buitelanders aanstel? Hoekom wil ons mense so graag vir die buitelanders werk gee? Hou op om hulle in diens te neem, ek’t nou al tot satwordens gehoor van probleme met hierdie buitelandse mense en nog steeds leer ons mense nie……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.