PE-dubbelmoord: Tuinier steeds soek

André en Lidia Saaiman. Foto: Facebook

Polisiebeamptes is steeds op soek na die tuinier van ʼn bejaarde egpaar van Port Elizabeth wat verdwyn het nadat sy werkgewers se liggame Maandagoggend in hul huis in Summerstrand aangetref is.

Ao. Alwin Labans, woordvoerder van die polisie, het gesê André en Lidia Saaiman se tuinier word gesien as ʼn persoon van belang in die ondersoek na dié dubbelmoord. “Die polisie glo dat hy ons met die ondersoek sal kan bystaan en daarom is ons na hom op soek. Daar was egter nog geen teken van hom nie,” het Labans Donderdag gesê.

Maroela Media het vroeër berig die Saaiman-egpaar, albei in hul 70’s, se liggame is ontdek toe ʼn nutsman Maandag geen antwoord by hul huis kon kry nie en die polisie uiteindelik ontbied is. Polisiebeamptes het die deur van die studeerkamer wat gesluit was oopgebreek en die egpaar se liggame op die vloer aangetref. ʼn Byl is naby die liggame, wat met kabelbinders vasgebind was, gevind.

Polisiebeamptes op die toneel waar die Saaiman-egpaar se liggame in hul huis aangetref is. Foto: Met vergunning van AlgoaFM Nuus

Volgens Labans het ʼn nadoodse ondersoek intussen bevestig dat André weens erge kopwonde beswyk het, terwyl Lidia verwurg is. ʼn Dubbelmoordsaak en saak van huisroof word ondersoek.

Intussen het Leandra Pickard, die egpaar se dogter, op haar Facebook-profiel hulde gebring aan haar ouers. “Rus in vrede my engele wat ek Mamma en Pappa genoem het,” het sy geskryf. “Ek is gebreek, ek het nie ʼn hart op die oomblik [nie]. Om julle op so wrede manier te vermoor! Ek het nog nooit soveel pyn gevoel nie. Julle het nie hierdie verdien nie, nie op so manier nie.

“Julle is nou by ons hemelse Vader [en daar] is geen meer pyn en lyding nie. Ek is so lief vir julle. Tot ons weer in die hemel ontmoet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Troedels ·

Sterkte Leandra.
Om jou ouers op so wrede manier te verloor het woorde geen betekenis nie.
Hulle is nou veilig, sonder pyn, aan die voete van Jesus.
Mag die moordernaars hulle dag gou kry.

Baaienaar ·

Summerstrand is een van die meer gegoede of duur woonbuurte is PE. Jy kan maak wat jy wil om jouself te beveilig maar hier is nou weer ‘n geval waar die eienaar hom ontverm oor sy werker/s … en kyk wat gebeur. Byt die hand wat hom voer. Mense moet uit die boks begin dink en ongelukkig eers die negatiewe sien voordat werkers vertou word. En ek glo daar was meer as een betrokke. Voel so jammer vir die familie….

Heleen ·

Kan niemand meer vertrou nie!! Ek help van nou af net my eie mense!

Mariaan ·

Skokkend!! Mens het net nie woorde nie…
En leef elke dag in vrees….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.