PE-duo in hof oor kinderporno-sindikaat

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man en vrou van Port Elizabeth wat daarvan verdink word dat hulle deel is van ʼn internasionale sindikaat wat skokfoto’s van babas, wat onder meer seksueel misbruik word, versprei, het Dinsdag vlugtig in stad se landdroshof verskyn.

Jayde Sheldon en ʼn 22-jarige vrou van Westering is verlede jaar in hegtenis geneem na ʼn gesamentlike ondersoek deur speurders in Johannesburg, beamptes van die FBI en die Belgiese polisie.

Die sindikaat bestaan uit ʼn pornografienetwerk wat onder meer beeldmateriaal en foto’s van verkragtings, marteling en moord op babas, waaronder pasgeborenes, versprei.

Aanklagte teen die twee behels die invoer, besit en verspreiding van video’s of beeldmateriaal wat uitbeeldings of beskrywings bevat wat kinderpornografie of seksuele uitbuiting van kinders aanmoedig of bevorder.

Sheldon (33) het reeds skuld beken op die aanklagte teen hom, terwyl die vrou moontlik met die volgende hofverskyning sal pleit.

Tydens dié twee se eerste verskyning in die hof in April verlede jaar het Sheldon aan verslaggewers gesê die media blaas die voorval buite verhouding en ken nie die volle storie nie.

Heila Niemand, bevelvoerder van die Gautengse eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS), het destyds gesê 81 sake teen ander mense wêreldwyd word ondersoek.

Die saak is tot 16 Februarie uitgestel vir die afhandeling van ʼn korrektiewetoesig-verslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Simon ·

Sheldon het gese die saak is n klein bietjie uit verband sonder om die volle storie, wat in die hof bekend sal word, te ken.
Kom ons gee hom die voordeel van die twyfel en weerhou onsself, soos goeie RDA burgers, om hulle te veroordeel totdat ons die volle waarheid ken.

Neeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeee ·

Nee, voordeel van die twyfel, sal die dag wees, onder die dekmantel sulke vieslike dade pleeg neeeeeeeeeeeeeee, ‘n kind kan nie kies of weerstand bied, vat een jou size en kyk of jy kan naak foto’s / porno, doodmaak of wat ookal, maar nie WEERLOSE BABAS en KINDERS NIE! Doodstraf moet erugkom vir sulke siek mense!!!!!!!!!!!!!! Nie eens die nevermindste diertjie doen dit aan kinders nie, dit is totaal barbaars.

Jane ·

Daar is nie ‘n woord LAAG genoeg vir enigiemand wat seksueel met kinders omgaan, of hulle ophou met kinderpornografie, kinder-mishandeling, enigiets met kinders te doen BEHALWE om vir hulle goed en lief te wees uit jou hart uit nie. Babas seksueel misbruik? EK dink dit is seersekerlik die LAAGSTE wat enigiemand kan daal, en ek hoop die tronke het geen genade met sulke mense nie!! Hoewel ek geen begrip vir mans het wat dit doen nie het ek nog MINDER begrip vir vrouens wat dit doen, hulle dra babas onder hulle harte, hulle is deel van jou, HOEKOM moet jy sulke allerverskriklike goed aan onskuldige weerlose goedjies doen?

Liewe lulu ·

Goeie gros daar is baie siek mense daar buite laër as slang…

ekke ·

uit verband??? daar moet in die eerste plek nie ‘n “verband” wees nie.

Piet ·

Jy is verkeerd Simon, met sulke goed kan jy nie ‘n “klein bietjie” uit verband wees nie. Ek dink party mense se morele kompas is so “klein bietjie” van koers af is. Die probleem is dat daardie rigting is hel toe, in elk geval in hierdie geval.

Anoniem ·

SJOE! Dis verskriklik erg! Hoop nie hierdie man en vrou het ooit kinders van hul eie nie – daai kinders sal nie veilig wees nie.

Justice ·

Simon die enigste verband wat ek in die Sheldon egpaar sien hope verbande, pleisters en gips indien hulle ooit hierdie RSA burger se pad sou kruis.

Pop ·

Huh. Hy erken skuld op aanklagte, maar niemand ken die volle storie. Die volle storie is, hy is nie veronderstel om asem te haal nie. Ek is so bly ek ken of weet nie van sulke mense nie want ek sou in n beskuldigde bank beland het.

Christa ·

Pornografie is van die Bose!! Dis kamma “freedom of expression”, maar later bevredig pornofrafie van volwannes hulle nie meer nie. Dan is hulle op soek na iets anders en wat is daar oor? Pornografie waarby minderjariges betrokke is!! PORNOGRAFIE MOET INTERNASIONAAL VERBAN WORD!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.