PE-egpaar terug in hof oor ‘ontstellende babafoto’s’

Argieffoto

Argieffoto

Die egpaar van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hulle deel van ʼn sindikaat is wat ontstellende foto’s van babas versprei, sal Dinsdag weer in die stad se landdroshof verskyn.

Die 33-jarige man en 22-jarige vrou van Westering is glo deel van ʼn internasionale kinderpornografienetwerk wat foto’s versprei van babas wat verkrag, gemartel en vermoor word.

Staatsaanklaer Jason Thysse het vroeër aan die hof gesê die saak is sensitief van aard en dat ʼn ondersoekspan van Johannesburg saam met die Amerikaanse FBI en die Belgiese polisie werk.

ʼn Span het Maandag na Port Elizabeth gevlieg sodat sekere materiaal saam met die egpaar se nuwe regsverteenwoordiger, Paul Roelofse, bekyk kan word. Thysse het gesê die sensitiewe materiaal, naamlik die pornografie, sal nie deel vorm van die dossier nie.

Die aanklagte teen die egpaar hou verband met die invoer, besit en verspreiding van rolprente of publikasies wat uitbeeldings of beskrywings bevat wat kinderpornografie of die seksuele uitbuiting van kinders bevorder of aanmoedig.

Die man het tydens die egpaar se eerste hofverskyning aan die media gesê die saak word onnodig oordryf en dat mense nie die volle verhaal ken nie.

Heila Niemand, bevelvoerder van die Gautengse eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings, het vroeër die egpaar se hofverskyning bygewoon en gesê sedert hul inhegtenisneming word 81 leidrade internasionaal opgevolg.

Niemand het gesê daar is reeds ses mense in België en drie in die VSA in hegtenis geneem. Hulle was glo deel van dieselfde pornografienetwerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Gesiggie ·

Het jul niks beter om te doen, as om sulke walglikke dinge te wil aanvang? Die Lewe is sieklik genoeg daar buite” Die saak word onnodig bedryf” regtig…Ons is siek en sat.. vir Geweld, Moord en verkragting… hoekom dit nog wil versprei… Ek hoop dat jul vasgevat sal word vir dit wat jul dink is goed om te doen…. Gaan sit stil en dink… en besef” dit wat jul doen is om van naar te word… veral as dit kom by kinders… Kry n lewe man…

Willie ·

Ek dink dis een van die grootste sondes om te doen. Die Helese Vader waarsku die mensdom, los die kinders uit dis Myne…. Die mense is hul asem nie werd nie…

WatGaanAan?! ·

Kyk…..die dag as kinders en babas jou seksueel prikkel [en jy besit, vervaardig en versprei dit ook nog], is dit beter vir alles en almal dat jy jouself uit die samelweing verwyder!
Jy verdien verseker nie die asem wat jy elke dag inteug nie!

DIE is verby siek en walglik…..

SNEL ·

….die saak word onnodig oordryf…..hoe de hoenders word dit onnodig oordryf, dis om van siek te word. Wonder watse verskoning hy hier gaan gebruik om nou die oordrywing daarvan te verduidelik. Dis vreeslik om te dink mense kan betrokke wees of selfs sulke goed help versprei. Ek dink mens se hare sal rys as mens weet met watter siek goed mense mee besig is. Haal my hoed af vir die polisie wat hierdie klomp so uitsniffel en iets daaraan doen, dink ook dit vat erg aan hulle om te sien wat arme kindertjies moet deurmaak. Hoop regtig hulle kry n goeie straf, ons samelewing kan doen sonder hulle.

Joann ·

Watse mens doen sulke walglike goed? Gee hul vir die publiek en hul sal sien wat gebeur. Nou moet mens hul vergewe? Dan is ek seker n sondaar maar dit is moeilik om hul te vergewe.

Karma ·

Joann, jy sal verbaas wees as jy moet weet “wie doen sulke walglike goed”. Dit is dalkies die mees vooraanstaande lid van die gemeenskap wat ‘n hele kas vol donker geheime het. Dit is dalk daai stywe-das, lip-optrekkende kerkganger wat bevrediging kry uit dade wat met babas, jong kinders en pre-tieners gepleeg word. Vir my is bestialiteit amper erger as dit (let wel: AMPER erger). En moenie dink dit is net mans nie! En so lank daar ‘n mark daarvoor is, solank sal dit gedoen word. En daar is geld in, sommer baie geld ook!

Veritas ·

Daar is net een straf vir sulkes. Sit hulle in ‘n klankdigte sel en speel opnames van huilende babas en kinders vir hulle. 24 uur van die dag.

Dawid ·

Wie se nou weer dat die duiwel nie bestaan nie? Ek het hom nou nie gesien maar kan sy handwerk onder die mense sien.

Marous ·

Die sensitiewe materiaal sal nie deel vorm van die dossier nie ? Huh??

Se maar net ·

Ek dink nie die span wil die materiaal laat deel vorm van die dossier nie omdat dossiere ook kan wegraak, en in wie se hande beland die materiaal dan?? Ons kan hierdie nie eens mense noem nie!!! Sluit hulle toe en gee vir hulle ‘n laken dat hulle helself kan verwyder uit die samelewing!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.