PE-egpaar terug in hof oor ‘ontstellende babafoto’s’

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

Argieffoto (repeatcrafterme.com)

Die saak teen ʼn egpaar van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hulle deel van ʼn sindikaat is wat ontstellende foto’s van babas versprei, sal Dinsdag in die stad se landdroshof hervat.

ʼn 33-jarige man en 22-jarige vrou van Westering is na bewering deel van ʼn internasionale kinderpornografie-sindikaat wat foto’s en beeldmateriaal van die verkragting, mishandeling en moord van babas en pasgeborenes versprei. Die vrou het in Februarie vanjaar in die hof verskyn. Die man het nie toe verskyn nie, maar was wel verlede jaar in die hof.

Adv. Jason Thysse, die staatsaanklaer, het vroeër aan die hof gesê dat die saak deur ʼn gespesialiseerde internasionale eenheid ondersoek word. By die egpaar se vorige verskyning in April verlede jaar, het die man aan verslaggewers gesê dat die media die saak uit verband ruk en dat “mense nie die volle storie ken nie”. Hy het gesê mense oordeel hom.

Heila Niemand, die Gautengse hoof van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, het verlede jaar die hofverskyning in Port Elizabeth bygewoon. Sy het gesê ná die PE-egpaar se inhegtenisneming is 81 ander wenke internasionaal opgevolg.

Sy het destyds gesê daar was reeds ses inhegtenisnemings in België en drie in die VSA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eliza-beth ·

Weereens: “Man is the only animal that blushes. Or needs to.” Mark Twain. Ek het eintlik nie genoeg woorde om my walging uit te spreek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.