PE-gemeenskap keer vermeende dief aan

Foto: ANA

ʼn Man van Port Elizabeth is Donderdag deur lede van die Westering-gemeenskap aangekeer toe hy na bewering betrap is dat hy ʼn erf betree het.

Jolene Mills (38), huiseienaar in Papenkuilstraat, het gesê dit is die tweede keer in dieselfde week wat die man haar eiendom betree. Sy glo hy het ʼn tweede keer teruggekom om haar besittings te steel.

“Hy het Dinsdag ingebreek en my seun se klere en PlayStation gesteel,” het Mills aan African News Agency (ANA) gesê. Mills, ʼn juffrou by ʼn nabygeleë skool, het gesê sy weet dit is dieselfde man, want hy het haar seun se T-hemp gedra toe gemeenskapslede hom agterna gesit het.

Haar man, Kevin, het Dinsdag gesê goedere ter waarde van R36 000 is gesteel.

Die egpaar ken die verdagte, omdat hulle hom van tyd tot tyd kos gee.

“Mens probeer om iets goed te doen en ʼn goeie Christen te wees, en dan gebeur só iets. Mens moet in vrees lewe,” het Mills bygevoeg. “My buurman het hom in ons erf gesien en my in kennis gestel.”

Mills en haar kollegas het huis toe gejaag en glo die man in Boshoffstraat sien hardloop waar hy later aangekeer is.

Die man het aan polisiebeamptes op die toneel gesê hy was van Gelvandale en het gekla sy nek is gebreek, maar hy kon regop sit.

Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie ondersoek in hierdie stadium ʼn saak van onwettige betreding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

“probeer om iets goed te doen”? Hoe naief kan jy wees? Dis SA in 2018…die enigste goed wat jy kan doen is om na jouself en jou gesin se well being om te sien soos die gemeenskap gedoen het. Die wat rondloop en jou goedheid DEMAND, is die laaaaaste waar jy moet help.

Alida ·

Sulke skelms smeer vet om jou mond, eet lekker en more maak hy jou dood. Gee niks en bly lewe.

MINI ·

as julle iets goed wil doen, help asb die SPCA…. ek gee niks vir mense nie, maar doen sover ek kan en geld beskikbaar het vir SPCA

DD ·

Net so Mini. Ek is klaar van goed wees. Ek gee niks vir niemand. Goed pasella uitdeel is verby. Die hand wat gee word gebyt. Ek het ongelukkig hard geword. Ek gee ook nou net vir die diere en diere wat deur “mense” benadeel word. Hulle wys ten minste hul waardering sonder om mens te byt. Ek sal ook oumense in nood enigetyd help…maar bedelaars en die wat net verwag om te kry….is uit!!!!

Sterkte ·

o HEL DIEGENE wat hom aangekeer het is nou in die sop, gaan seker vir aanranding en poging tot moord en ontvoering aangekla word want onregmatige BETREDING van grond is vir die afgelope 24 jaar GEEN oortreding meer nie. Kyk asb na die sonneblom en doodskis saga, sowel as die mango diefstal saga, niemand is in hegtenis geneem of vervolg oor die ONREGMATIGE betreding van privaatgrond nie .. die mense wat dit probeer KEER het sit wel in die tronk.

LEER TOG NOU 'n LES ·

Nou ok MEVROU .. KAN ek nou vir mevrou ‘n lessie leer … HOU OP om mense kos te gee en ‘goed’ te wees vir mense wat onder verdenking is. Jou ‘goedwees’ gaan nog julle einde beteken soos dit soveel mense voor julle se einde beteken het. Sal graag wou sien hoeveel werkers en tuiniers was direk verantwoordelik vir aanvalle op huiseienaars (wat vir hulle gesorg het) . Eintlik het hy nie julle grond onwettig betree nie, siende dat julle voorheen vir hom kossie aangedra het en hy dit obviously op julle erf kom haal het dan nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.