PE-hengelaar deur haai gebyt

Lionell McDougall tydens een van sy vorige hengelekspedisies Foto: Lionel McDougall, Facebook

Lionell McDougall tydens een van sy vorige hengelekspedisies Foto: Lionel McDougall, Facebook

Lionel McDougall (42) van Port Elizabeth is Saterdagoggend in Port Alfred in die Oos-Kaap deur ʼn haai gebyt, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

“ʼn Skeurtandhaai, wat McDougall by die Rufanes-rivier gevang het, het hom aan sy linkerenkel, -knie en -hand gebyt,” het Juan Pretorius, stasiebevelvoerder van die NSRI, gesê. “Hy is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal nadat hy behandeling ontvang het van sy medehengelaars en die NSRI.”

McDougall het glo aan ʼn rots- en strandhengelkompetisie deelgeneem toe hy gebyt is. Sy hoek het glo aan die skeurtandhaai se vin gehaak. Die haai is langer as twee meter.

“Hy wou die haai uit die water haal deur dit aan die stert te gryp, maar die haai het omgeswaai en McDougall aan die linkerbeen beetgekry,” het Pretorius bygevoeg. “In ʼn poging om die haai se bek oop te forseer om verdere skade aan sy been te verhoed, het hy snymerke en bytmerke aan sy linkerhand en twee vingers opgedoen.”

Medehengelaars het hom bygestaan en die bytwonde verbind. Hulle het die NSRI ontbied en McDougall was in ʼn stabiele toestand toe die NSRI by die toneel opgedaag het. Hy is na ʼn hospitaal in Port Alfred geneem vir verdere behandeling.

Een van die haaitande in sy linkerknie moet verwyder word. “Die haai is gemeet en veilig in die see teruggelaat,” het Pretorius bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jasper ·

Ek pla nie die goed waar hulle swem nie want hulle pla my ook nie waar ek braai nie.

Suzette ·

Stem saam hulle veg ook maar net vir oorlewing en as hy nie gepla word nie sal hy nie veg nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.