PE-leerder wen eerste prys by Kenia-skou

Caroline Boshoff van Cape Recife High School in Port Elizabeth (Foto verskaf/ANA)

ʼn Jong wetenskaplike van Cape Recife High School in Port Elizabeth het met die eerste prys weggestap by die 2019 wetenskap- en ingenieurskou in Kenia met haar projek, “Sakha Isizwe Ngemfundo” (bou die nasie deur vroeë onderrig).

Die leerder, Caroline Boshoff, is disleksies en sukkel om te lees en skryf. Sy het ondersoek ingestel oor die verskille tussen bevoorregte en minderbevoorregte kinders tydens vroeë ontwikkeling.

Exposcience het gesê Boshoff se navorsing het bewys dat kinders, uit ʼn ekonomies minderbevoorregte omgewing, en kinders met gestremdhede, beleef gapings in die ontwikkeling van hul visuele persepsievaardighede en kan voordeel trek uit ingryping – spesifiek ʼn visuele persepsie-opleidingsprogram.

“Ek het nooit verwag om te wen nie,” het sy gesê. “Al die projekte was baie goed; die standaard was baie hoog. Ek was baie verbaas en baie gelukkig toe hulle my naam genoem het. Om ʼn eerste plek te wen in die gedragswetenskappe-kategorie was ʼn groot verrassing, maar toe ek hoor dat ek ook ʼn gouemedalje gewen het, het ek gedink ek droom!”

Sy sê die reis na Kenia was ook ʼn groot belewenis. “Ek het elke oomblik geniet. Buiten om aan die wetenskapskou deel te neem, kon ons ook die Menengai-krater en die ewenaar besoek. Dit was baie spesiaal, want ons het in aardrykskunde daarvan geleer.”

Exposcience het gesê Boshoff beplan om haar Eskom Expo-reis vanjaar voort te sit deur haar werkboek met idees vir opvoedkundige instrumente uit herwinbare materiaal klaar te maak.

Boshoff is volgende jaar in matriek en beplan dan ʼn voor- en na-toets van kinders uit minderbevoorregte gemeenskappe ná sy die hulpbronne geïmplementeer het wat sy ontwerp het.

Ander jong Suid-Afrikaanse wetenskaplikes het by haar in Kenia aangesluit: Siphesihle Sithole van Mehlokazulu High School in Pietermaritzburg; Ntendeni Nephawe van Mbilwi Secondary School in Vhembe, en Norman Mashiri van Dr Joseph Shabalala Secondary School in Ladysmith.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Stebastiaan ·

Mooi so meisiekind jy is voorwaar ‘n voorbeeld vir baie. Trots op jou.

Annie ·

Baie geluk. My raad is, en ek het my lewe toegewy aan minderbevoorregtes, is om te besef dat minderhede soos ons lesers deesdae die minderbevoorregtes is en nie deur die regering op enige manier bygestaan word nie. Wees oopkop oor die gemeenskappe wie jy help. Sterkte vorentoe en mooi toekoms vir jou en die wie jy help.

bolla ·

Bly jy in ‘n plakkerskamp of was jy al ooit in ‘n plakkerskamp? 30 miljoen Suid-Afrikaners leef onder die broodlyn (het ‘n inkomste van minder as ‘n R1000 per maand Gaan besoek gerus voor jy begin twak praat oor minderbevoorregtes.

Jem ·

Laat die meisiekind my sommer n traan pik van pure trots. Meisiekind alle sterkte en voorspoed vir jou op jou pad vorentoe. Baie geluk.

IK ·

Dit is opvallend hoe daar dikwels by ‘n hulpprogram vir armes in Afrika ‘n wit vrou aan die hoof van sake staan.
Daar is ook navorsing gedoen of armoede ‘n uitwerking het op intelligensie deur aangenome kinders uit Afrika te vergelyk met kinders van Amerika. En die bevinding kan op Google gevind word.

JJ ·

Bolla 1994 tot nou is 19 jaar.In 19 jaar het niks verander behalwe die getal mense wat in plakkerskampe bly nie dit is skrikwekkend dat dit omtrent verdubbel het.Dis ongelukkig ook so dat daar menigtes van die “voofheen benadeeldes”wat huise gekry het dit weer gesmous het en terug is plakkerskamp toe.Die geld is kla en die pap is suur.

Fran ·

Baie geluk! Jy gaan nog meer en groter pryse wen. Ons meisies is slim!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.