‘PE-lughawe moet na Khoi-leier vernoem word’

Die Khoi-San-gemeenskap van Nelson Mandelabaai het ʼn beroep gedoen dat die Port Elizabeth Internasionale Lughawe hernoem word na die David Stuurman Internasionale Lughawe. Foto: ANA.

Die Khoi-San-gemeenskap van Nelson Mandelabaai het ʼn beroep gedoen dat die Port Elizabeth Internasionale Lughawe hernoem word na die David Stuurman Internasionale Lughawe.

David Stuurman was ʼn toonaangewende inheemse leier van die Khoi-San-gemeenskap. Khoi-San-groepe het Woensdag buite die South End Museum in Port Elizabeth byeengekom en daarna na die lughawe gestap om ʼn memorandum aan die bestuur van die Lughawemaatskappy (Acsa) te oorhandig.

Die spertyd vir insette van die publiek oor die naamverandering van verskeie lughawens is vanaand om middernag. Die vier lughawens is Port Elizabeth, Kaapstad, Oos-Londen en Kimberley.

Crawford Fraser, gemeenskapsleier en aktivis vir die Khoi-San-gemeenskap, het gesê voorman David Stuurman was ʼn toonaangewende leier van die Oos-Kaap en het ʼn sleutelrol in die Khoi-rebellie tussen 1799 en 1803 gespeel.

Volgens Fraser is Stuurman, een van die eerste politieke gevangenes wat na Robbeneiland gestuur is, ʼn simbool van die stryd wat deur die Khoi-San-mense meegemaak moes word.

Volgens hom het die Khoi-San-gemeenskap in Nelson Mandelabaai reeds vier jaar gelede ʼn versoek na die regering gestuur dat die lughawe na Stuurman vernoem moet word.

“Voorman David Stuurman is onder valse voorwendsels na Australië gelok. Hy is versoek om na Australië te kom, maar hulle het vir hom gelieg. Hulle het vir hom gesê sy vrou en kinders wag vir hom daar. Maar die rede hoekom hulle hom van Port Elizabeth na Australië vervoer het, is omdat kolonialisme nie vir voorman Stuurman op Afrikagrond wou hê nie.”

Die Khoi-San-gemeenskap van Nelson Mandelabaai het ʼn beroep gedoen dat die Port Elizabeth Internasionale Lughawe hernoem word na die David Stuurman Internasionale Lughawe. Foto: ANA.

Stuurman se oorskot is glo steeds in Australië en kon nog nie na Suid-Afrika teruggebring word nie.

Fraser meen Stuurman het geveg vir die vryheid en bevryding van inheemse groepe in Suid-Afrika.

Maroela Media het vroeër berig  ʼn vergadering wat Maandagaand by die Kaapstad Internasionale Lughawe gehou is om insette van die publiek te kry oor die voorgestelde naamverandering van dié lughawe moes tydelik gestaak word toe chaos onder deelnemers uitgebreek het.

Daar was sowat 800 mense teenwoordig by dié vergadering.

Lede van die EFF het daarop aangedring dat die lughawe se naam na Winnie Madikizela-Mandela Internasionale Lughawe verander moet word, en plaaslike groepe en Khoi-San-verteenwoordigers het aangedring dat die lughawe óf na Krotoa, óf na Saartjie Baartman vernoem word.

Die vergadering moes tydelik gestaak word en sekuriteitsbeamptes is ontbied toe groepe oproerig geraak het, liedjies gesing en begin dans het.

Die publiek kan tot middernag voorstelle oor die naamveranderings per e-pos na [email protected] of [email protected] stuur, per hand by die Acsa-kantore of by hul naaste lughawe afgee óf per SMS na 079 947 7410 stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tokkel ·

hehehe laat waai man . verander al die name . wie gee nog om? Niemand vertrap my as Afrikaner meer nie .. ek gee nie meer om wat julle na wie vernoem nie . ek ken anyhow niemand nie .. dis vir my net ‘n lughawe.

marous ·

Nooit ! Wil hulle vertel dat dit die Britte was wat hom ontvoer het ? Die Afrikaners het sekerlik nie al in 1803 tasse gepak Australie toe nie of het hulle ? Wie het Port Elizabeth die naam gegee? Wie het Port Alfred die naam gegee? Wie het East London die naam gegee ? Wie het Durban die naam gegee? Wie het meeste van die name in die Oos Kaap Natal en die Kaap se name gegee ? Vir wie moet die mense kwaad wees ?

neels ·

Ha ha wat is in n naam niks behalwe as jy deel van die regerende party is. So die koi kan dit maar op hulle se magie skryf en met daai velletjie afvee. In elk geval as ek wil vlieg dan vlieg ek baai toe , of Durban of Kaapstad of waar ook al die naam se niks.

TDW ·

Dit het nie ‘n nuwe naam nodig nie, maar as dit nou moet en as David Stuurman die lughawe gebou het, dan moet dit verseker na hom vernoem word. Indien hy dit nie gebou het nie aangesien hy geleef het in 1799s, dan sou dit regverdig wees om dit te vernoem na die man wat die idee van die lughawe laat realiseer het…

Klink goed ·

Klink goed, sommer uiters goed, Stuurman en die loods van ‘n vliegtuig is immers dieselfde . . . O ja, ook sommer die hawe (die loods van ‘n skip). Dit is haas tyd dat ons ook ons EIE GPS ko-ordinate kry. Ook die verandering van die maande se name, dae ens. Neem ons terug na die goeie oue tyd VOOR 1652.

kobus ·

Hoekom noem ons daai lughawe nie Eugene Terblanch nie.of beteken my mense niks.omdat hulle wit is nie

Jan ·

Ek het ‘n voorstel, … vernoem dit na JAN VAN RIEBEECK, want hy is deesdae weer baie in die nuus. Hoekom moet alles verteenwoordigend van gekleurde mense wees? Rhodes se standbeeld moes gaan, JG Strijdom se standbeeld moes gaan, hulle werk nou hard daaraan om Paul Kruger se standbeeld te laat gaan . ALLES wat blank verteenwoordig moet weg – en nie eers apartheid nie, want Rhodes het niks met apartheid te doen gehad nie ..nou word dit met struggle heroes met duistere verledes vervang . EK STEM VIR JAN VAN RIEBEECK.

Casper Labuschagne ·

Die lughawe se naam wat vir niemand aanstoot gee nie, gee juis aanstoot omdat dit gevolglik geen rol speel in die postkoloniale vergelding teen die wit minderheid nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.