PE-ma helder oordag in huis vermoor

Argieffoto: enca.com

ʼn Vrou van Kabegapark in Port Elizabeth is Woensdagmiddag in haar huis vermoor terwyl haar een maand oue babadogtertjie ook in die huis was.

Kapt. Johan Rheeder, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn rower het omstreeks 12:35 die huis in Brymore binnegekom en die 26-jarige vrou aangeval. Terselfdertyd het die vrou se verloofde (34) by die huis aangekom en die aanvaller in die slaapkamer gekonfronteer.

“ʼn Struweling het ontstaan en die aanvaller kon daarin slaag om te vlug,” het Rheeder gesê. “Die vrou het steekwonde aan haar nek en arm opgedoen en het op die slaapkamervloer gelê. Sy het op die toneel aan haar beserings beswyk.”

Volgens Rheeder is die gesin se huishulp later in die badkamer aangetref waar sy glo deur die aanvaller toegesluit is. Sy en die ouerpaar se babadogtertjie was ongedeerd.

“Dit lyk nie asof daar gedwonge toegang tot die huis was nie, maar speurders is steeds op die toneel besig om leidrade bymekaar te maak. ʼn Saak van moord en roof word ondersoek,” het Rheeder gesê.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale kommissaris van die polisie, het haar skok uitgespreek oor die voorval en gesê ʼn uitgebreide soektog na die moordenaar is aan die gang. “Ons het beeldmateriaal en ʼn beskrywing van die aanvaller. Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om enige verdagte persone aan die polisie te rapporteer en om ons te help om die man vas te trek,” het Ntshinga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Piet ·

Nou kan n mens seker vra waarom is die ma vermoor en haar huishulp slegs toegesluit? Die logiese afleiding word heftig ontken. Sy’t seker geveg om nie verkrag te word nie. Hierdie mens was net 26 en ‘n dogtertjie gaan haar ma nooit ken nie. Ek voel fisies siek! Mag ons God ons hulpkreet hoor…….?

OOK 'N MA ·

Dit maak my siek. My dogter bly ook daar naby en sy het ook ‘n baba. Vanoggend het sy my gebel en is bang. Ek bid en glo en vertrou dat God my kind en kleinkind sal bewaar. Alle sterkte aan die familie.

christa ·

sulke dinge gebeur omrede almal mos maar toegang tot jou eiendom het en jy nie ‘n vinger mag verroer daaroor nie. Daar moet eers gewag word dat iemand vermoor word voor opgetree word en dan is die kans 90% goed dat jy aangekla kan word as jy optree. Hulle moet geskiet word as hulle, hulle voet op jou grond sit sonder toestemming.ou eiendom

c ·

ek kyk nou op google maps, die huise daar het geen heinings of leme draad

Hanna Hoekom ·

Geen huiswerkers en geen tuinwerkers word op my perseel toegelaat nie. Ek probeer maar self netjies en skoon hou. Almal in my huishouding moet maar net hul deel doen. Geen ander uitweg nie. Geen volksvreemdes meer welkom nie!

Francois ·

Hanna…ek stem saam met jou.
In Europa het niemand huis of tuinwerkers nie.
Ek het gesien dat selfs ryk mense hulle eie skottelgoed en tuinwek doen.

kas ·

Sy was 26 met ‘n baba maar nie getroud nie maar wel verloof.Die huishulp en baba word in die badkamer toegesluit.Terselfdertyd kom die verloofde daaraan waarna ‘n struweling ontstaan maar hy (die verloofde ) word nie beseer nie en die verdagte ontsnap.Is dit nie baie toevallig nie.Geen gedwonge toegang.Laat my d(r)ink.

Judge Dredd ·

Tyd dat mense van hul huishulpe ontslae raak – hulle is die grootste bron van inligting(wetend of onwetend) vir misdadigers wat in jou huis aangaan.

Albaster ·

Ek en almal wat ek ken het al en daarna het misdaad dramaties afgeneem.

Waarheid ·

Baie jammer ….maar gaan nou oor oorlewing.
Geen huishulpe meer nodig!!! Privaatheid !!!!
Almal het hande verstand en geen verskonings ….maak tyd kook vir week op naweek.
Daars wasmajiene wat als doen pak net weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.