PE-man in huis doodgeskiet

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn 50-jarige man is Maandagaand in sy huis in Rowallan Park in Port Elizabeth doodgeskiet.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die man, Anton Kolesky, het die aand om 19:10 glo sy 19-jarige seun gestuur om iets uit die bakkie te gaan haal. Toe die tiener buitekant kom, is hy deur twee mans oorval.

“Een van die verdagtes het ʼn vuurwapen op hom gerig en hom beveel om hulle in die huis te laat gaan,” vertel Naidu.

Toe die verdagtes die huis binnekom, het Kolesky van die bank af probeer opstaan waarna hy twee keer, in die nek en wang, geskiet is.

Die verdagtes het daarna met leë hande op die vlug geslaan. Naidu sê die motief vir die moord is in dié stadium nog onduidelik.

Naidu het die verdagtes onderskeidelik as ʼn lang man en ʼn baie kort man beskryf. Die lang man het ʼn rooi baadjie en ʼn grys mus aangehad.

“Die Kabega Park-speurders doen ʼn beroep op die gemeenskap om hulle te help om die twee verdagtes op te spoor.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan die Kabega Park-polisie by 041 397 6802/6867 bel of die polisie se misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sandra ·

Ja, dit was moord. Maar ‘n biekie verdag want hulle het niks gevat nie. Klink vir my soos ‘n “hit”

Prikkie ·

Dit is lankal nie net meer plaasmoorde nie. Hulle, die skurke/moordenaars val jou enige plek aan.

Jy is nie meer in jou eie huis veilig nie. Sit jou alarm vroegaand aan .

Leeuwyfie ·

Wat ‘n tragiese gebeurtenis.
Wat vir my dinge vererger is dat hulle van mense verwag om te help soek aan ‘n lang man en ‘n kort man, waarvan een ‘n rooi baadjie het. Die belangrikste inligting word weerhou, soos ras. Hoe kan mense op die uitkyk wees as hulle nie meer inligting verskaf nie. Dis absoluut sinneloos.

agnes ·

Wat is nuut? Moord en roof is aan die orde van die dag en die ANC doen niks. Bring die doodstraf terug vir elke vooraf beplande moord

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.