PE-man se lyk in huis gevind

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Port Elizabeth ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 37-jarige man in sy huis verwurg en dood gelaat is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het inligting ontvang van ʼn gesteelde voertuig wat hulle tot by ʼn hotel in Summerstrand langs die strandfront gelei het. Daar het hulle ʼn 24-jarige man met die gesteelde swart Mercedes gevind.

“Die man is op die plek in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde goedere,” het Van Rensburg gesê. Die polisie is daarna na die eienaar se huis in Crammerstraat, Malabar, waar hulle ʼn vrou (66) in die huis gevind het. Sy was aangerand.

“Die voertuig is in die vrou se naam geregistreer. Sy was baie deurmekaar toe die polisie daar aankom en hulle het die huis deursoek. Dit is toe dat hulle op haar seun, Bhaven Moodley, se liggaam afgekom het nadat hy verwurg is,” het Van Rensburg gesê.

Sy het gesê die polisie ondersoek tans of die verdagte by die huisbraak en moord betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Deon Bruyns ·

Ek hoop jy is reg, Peet!
Die afgelope jare het ek ‘logika’ soos 2+2=7 of 2+2=3 gesien, om nie eers van “eleventy six hundred” deur JZ te praat nie!

DPJ ·

Geen krimeneel is skuldig omdat hy gesteelde goedere is sy desit gevind is nie. 1+1¥2.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.