PE-man steek glo vrou met mes: ‘Ek wou haar nie seermaak nie’

Martin en Anne-Marie Stevens. Foto: Facebook

Martin en Anne-Marie Stevens. Foto: Facebook

Die man van Port Elizabeth wat hom Maandag aan die polisie oorgegee het nadat hy na bewering sy vrou met ʼn mes gesteek het, sal Woensdag weer in die hof verskyn.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Martin Stevens (47) het Dinsdag in die hof verskyn, waar die saak uitgestel is. Janse van Rensburg kon nie bevestig of hy gepleit het op die aanklag teen hom nie.

Maroela Media het vroeër berig die polisie was sedert verlede Woensdagaand op soek na Stevens, nadat sy vrou, Anne-Marie, die aand in haar motor voor haar huis met ʼn mes gesteek is. Sy is in ʼn kritieke toestand na die hospitaal gehaas.

Dit is nie die eerste keer wat Stevens met die gereg bots nie. Hy is in 2000 aangekla van moord nadat hy sy eerste vrou en haar vriend doodgeskiet het. Hy het homself daarna geskiet, maar dit oorleef. Volgens Janse van Rensburg is Stevens destyds vrygespreek nadat die hof bevind het hy het ʼn sielkundige ineenstorting gehad ten tyde van die moorde.

Stevens het ʼn paar uur na die aanval op sy vrou ʼn boodskap op sy Facebook-profiel geplaas waarin hy gesê het hy is baie lief vir sy vrou en “wou haar nie seermaak nie”. Hy het gesê die goed waarvan Anne-Marie hom beskuldig, is nie waar nie.

“Jammer my vrou, ek het vanaand gekom net om met jou te praat. Lief jou baie. Praat net die waarheid my vrou asseblief. Ek was regtig nie skuldig nie. Jy het altyd net die beste by my gekry. Wat ek nou gaan doen, doen ek nie omdat ek skuldig was nie. Ek doen dit oor die seer wat ek mee loop vir drie maande. Hoop jy is nou tevrede. Nou is ek uit die pad uit – wat jy wou hê. Jammer,” het hy geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jane ·

So uit die mond van nog ‘n narsis. Alles gaan net oor homself….

Genis ·

“Lief jou baie” Ag ja nê. ‘n Psigopaat se denke bly maar ‘n duistere raaisel.

Frikkie ·

Meskien wou hy net biejtie praat toe sien hy dit was al die tyd ‘n inbreeker wat die kar wil kaap en toe maak hy net ‘n fou t want sy senewees was klaar.

Gerda ·

Weer een van daai wat sy vrou as n besitting sien. As geweld in jou DNA is slaan dit WEER een of ander tyd soos n vetkol deur!

Netta ·

Vrouens verstom my: Hoe raak mens betrokke by iemand wat sy eerste vrou geskiet het? Dink jy rerig jy gaan die man verander? News flash! Glo iemand as hy reeds uit vorige optredes gewys het wie hy is!

Frikkie ·

Ja dit was senewees Susan,die koerant wys dit mos hy hetj al baie jare probleeme met dit??EK Sê maar net.

Rooijan ·

Ek wil ook verstaan hoe die tweede vrou se kop gewerk het dat sy binne ń kilometer van die perd gegaan het. Ek hoop dat sy vorige oortreding in ag geneem sal word hierdie keer want dit verstom ń mens dat hy toe daaruit gewurm het twee mense vermoor en ń vry man.

Rieks ·

Jy stuur ‘n boodskap of facebook waar jy vir die “wereld” aankondig dat jy hoop sy is tevrede en dat jy uit die pad is en dan gaan jy met die doel om haar seer te maak??? Daar is definitief ‘n varkie of 10 missing in jou “make-up”… As jy groet moet jy seker wees dit is wat JY wil doen en nie onskuldige mense saam met jou vat nie! Jy gaan seker weer weg kom met “onstabiel”….
Hoop sy herstel genoeg om hierdie keer in jou hofsitting te getuig – siende dat jou vorige vrou en vriend nie die geleentheid gehad het om alles te vertel wat regtig gebeur het nie.

Van ·

ja siestog…. dalk biekie gemeenskapsdiens of ‘n boete….as hulle een op die maan kon sit, hoekom nie almal nie…………ek is tot in my siel in moeg vir wreedheid en mense wat bully… wens geregtigheid wil vir ‘n slag intree.

HB ·

Hierdie man het groot issues…..as ek hy is kanseleer ek my facebook rekening heeltemal. En verder meer is dit vir my so verstommend dat iemand van sy ouderdom nie besef hoeveel skade inskrywings op fb kan veroorsaak nie…….. Op FB is dit duidelik dat hy n moewiese obsessie met sy vrou het… Nee wat Mnr, daar is gn salf te smeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.