PE-man tydens sy aandete doodgeskiet

Argieffoto

ʼn 26-jarige man van Port Elizabeth in die Oos-Kaap is doodgeskiet terwyl hy en sy vriendin aandete geniet het.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê die paartjie was Sondagaand besig met aandete in hul woonstel in Cambridgestraat toe die skietery gebeur het. “Die paartjie het omstreeks 18:00 ʼn klop aan die deur gehoor en toe die 22-jarige meisie die deur oopmaak, het drie onbekende mans die woonstel betree. Een van die mans het ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en ʼn paar skote op die 26-jarige Akhona Josah gevuur.”

Die vrou het gevlug en toe sy kort daarna terugkeer, het Josah skietwonde in sy bors gehad. Hy is op die toneel dood.

Die motief vir die skietery is onbekend.

Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Frank van der Berg te kontak by 082 394 5957.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Christa ·

Lekker man, hoekom ruim die storie nie vir my nie, lol, of dalk lees ek net te veel.
3 Gewapende mans, en n 22jarige vrou, hulle begin skiet en sy kry dit reg om te vlug??
Het sy die polisie gebel? Hoekom sou sy terugkeer, en was sy toe alleen? Klink mos nou nie reg vir my nie.
Ag nee wat M.M, julle kan gerus meer inligting gee as net die nodigstes.

Karen ·

Die motief. Beplande moord. Christa, ek stem nogals baie saam met jou. Dit was ñ woonstel blok. Kon by enige iemand aanklop. Vlug? Ja hoe het sy dit reg gekry met 3 man’s daar ja. Al was 1 besig om te skiet, die ander 2 het wat gedoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.