PE-man vas oor mandrax-tablette van R1,4 miljoen

Mandrax-tablette  (argieffoto)

Mandrax-tablette
(argieffoto)

ʼn 33-jarige man van Port Elizabeth sal na verwagting Maandag in die Motherwell-landdroshof verskyn nadat hy in hegtenis geneem is in verband met handeldryf in mandrax-tablette.

“Die Valke in die Oos-Kaap hou die man al ʼn geruime tyd op hul radar en toe sy wit [Toyota] Conquest Donderdagoggend by Truckers Inn opgemerk is, het die beamptes toegeslaan,” het lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, gesê. “Die beamptes het die man se motor deursoek en op 28 000 mandrax-tablette afgekom wat in twee bokse versteek is, binne ʼn swart sportsak.”

Die waarde van die mandrax-tablette beloop nagenoeg R1,4 miljoen.

“Die polisie het ook beslag gelê op die man se selfoon en ʼn voertuig is ook gekonfiskeer.”

Die Valke in die Oos-Kaap het die afgelope paar maande beslag gelê op meer as 70 000 mandrax-tablette en pogings om ʼn sindikaat oop te vlek wat mandrax-tablette na Port Elizabeth vervoer, duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie ·

Ek is bly vir èlke suksesvolle deurbraak… Goeie werk Valke…. Ek bid vir jul veiligheid…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.