PE-man vasgetrek vir meineed

Argieffoto: Kent Williamson

’n Man in Port Elizabeth is vas ná hy ’n huisroof aangemeld het wat nooit plaasgevind het nie.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, sê die man (55) is vasgetrek op aanklag van meineed te danke aan die goeie speurwerk van ’n Humewood-speurder.

“Die man het aangevoer daar is ’n vuurwapen op hom gerig by sy woning in Somerstrand en dat hy in sy huis toegesluit was. Hy beweer verder dat sy huis en motorsleutels vermis was en dat sy wit Mercedes-Benz ook gesteel is,” het Janse van Rensburg gesê.

Die speurder is daarna in kennis gestel die motor is opgespoor in die Gelvandale-omgewing.

“Die speurder het inligting van die bestuurder van die sogenaamde gesteelde voertuig opgevolg en die ‘slagoffer’ ingeroep vir verdere ondervraging,” het Janse van Rensburg gesê.

Dit het toe aan die lig gekom dat die voorval in werklikheid nooit plaasgevind het nie. Hy is in hegtenis geneem vir meineed, het Woensdag 19 April in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn en is R500 borgtog toegestaan.

Die saak is uitgestel tot 29 Mei vir nadere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marisa ·

Mens weet nie of mens moet jammer voel, lag, of veroordeel nie. Geldnood laat mens vreemde dinge doen.

Joe Olivier ·

Is meineed erger as om ampseed as pres van land te breek ?

anton ·

Net R500- vir borgtog maar hy besit n Mercedes Benz en moontelik n huis ook???
Elke dag skud ek my kop meer en meer!!!

cor ·

Die merc is heelwaarskynlik n 19 lank gelede model en is maar net die R500 werd by die pand winkel. Hy het seker maar iewers gekuier en te voet huis toe gegaan en kon die volgende dag nie onthou waar hy die merc gepareer het nie en sy verskoning aan mammie was dat dit esteel is.

Scalla ·

Soos ek verstaan word borg vasgestel volgens jou finansiele status, seker n baie ou mercedes en n shack.

Elizabeth ·

Die storie skree versekerings bedrog , maar hy is uitgevang voordat hy kon eis!

jaco ·

SAPD maak dit op en verkla die man van meineed, want dis veel makeliker en veel minder werk as om die misdaad van huisroof en motordiefstal te ondersoek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.