Stevens (47), ʼn inwoner van Algoa Park, staan tereg op ʼn aanklag van poging tot moord nadat hy na bewering in Oktober verlede jaar sy vrou, Anna-Marie Stevens, buite haar vriend se woonstel met ʼn mes aangeval het. Hy het hom uiteindelik aan die polisie oorgegee nadat hy aanvanklik op die vlug geslaan het.
By Stevens se vorige hofverskyning in Maart het sy prokureur aangedui dat sy kliënt wag op ʼn bed by die Fort England psigiatriese hospitaal.
Volgens verslae het Stevens 15 jaar gelede sy eksvrou, Hettie, en haar vriend, Colin Rosslee, vermoor voordat hy homself probeer doodskiet het. Stevens is vrygespreek op die dubbelmoord-aanklag nadat die hof bevind het dat hy ʼn psigotiese aanval gehad het.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Dit is sieklik”’ hoe kan so n man vrygespreek word, agv n psigotiese aanval”’ regtig, so jy kan enige iemand vermoor, maar jammer jy het n sielkundigge probleem, so jy word vrygespreek.. nee hierdie nie regverdig? wat van die mense wat vermoor is? van van hul Familie wat deur al die hartseer en rou moet gaan, en wat van Anna-Marie? . Sjaim nou wag hul vir n bed? en dan…. ?? Hy het dit te maklik.
Dis die hof se plig om hierdie soort mense van die straat af te hou.
Syt geweet van die probleem tog trou sy nogtans met hom. Hoe verlee kan mens wees. Nee kyk albei het kop dokters nodig en dringend ook maar party mense leer nooit
Hy dink sekerlik hy gaan WEER vrygespreek word. Hy het mos met moord weg gekom. Die wat hom mal verklaar en los gelaat het in die gemeenskap is net so skuldig soos hy!!! Dankie tog die vrou het die aanval oorleef. Sluit hom toe en gooi die sleutel weg?
Siestog , hy gaan nou weer siek verklaar word. Mar dis seker sy “huma rights”.