PE-man wat vrou ‘met mes aanval’ in hof

Martin en Anne-Marie Stevens. Foto: Facebook

Martin en Anne-Marie Stevens. Foto: Facebook

Martin Stevens, ʼn man van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hy sy vervreemde vrou verskeie kere met ʼn mes gesteek het, sal Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Stevens (47), ʼn inwoner van Algoa Park, staan tereg op ʼn aanklag van poging tot moord nadat hy na bewering in Oktober verlede jaar sy vrou, Anna-Marie Stevens, buite haar vriend se woonstel met ʼn mes aangeval het. Hy het hom uiteindelik aan die polisie oorgegee nadat hy aanvanklik op die vlug geslaan het.

By Stevens se vorige hofverskyning in Maart het sy prokureur aangedui dat sy kliënt wag op ʼn bed by die Fort England psigiatriese hospitaal.

Volgens verslae het Stevens 15 jaar gelede sy eksvrou, Hettie, en haar vriend, Colin Rosslee, vermoor voordat hy homself probeer doodskiet het. Stevens is vrygespreek op die dubbelmoord-aanklag nadat die hof bevind het dat hy ʼn psigotiese aanval gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gesiggie ·

Dit is sieklik”’ hoe kan so n man vrygespreek word, agv n psigotiese aanval”’ regtig, so jy kan enige iemand vermoor, maar jammer jy het n sielkundigge probleem, so jy word vrygespreek.. nee hierdie nie regverdig? wat van die mense wat vermoor is? van van hul Familie wat deur al die hartseer en rou moet gaan, en wat van Anna-Marie? . Sjaim nou wag hul vir n bed? en dan…. ?? Hy het dit te maklik.

Paul ·

Lyk my die ou het ‘n probleem met die keuse van ‘n vrou. Altwee was rondlopers of sy psigose het hulle in die arms van ander mans gedryf.

TDW ·

Dis die hof se plig om hierdie soort mense van die straat af te hou.

christine ·

Syt geweet van die probleem tog trou sy nogtans met hom. Hoe verlee kan mens wees. Nee kyk albei het kop dokters nodig en dringend ook maar party mense leer nooit

Grietjie ·

Hy dink sekerlik hy gaan WEER vrygespreek word. Hy het mos met moord weg gekom. Die wat hom mal verklaar en los gelaat het in die gemeenskap is net so skuldig soos hy!!! Dankie tog die vrou het die aanval oorleef. Sluit hom toe en gooi die sleutel weg?

mari ·

Siestog , hy gaan nou weer siek verklaar word. Mar dis seker sy “huma rights”.

pop ·

Paul ja, rondloper vrouens kan n man psigoties maak. Maar hoe trou n vrou met iemand wat bloed van 2 mense op sy hande het, dit slaan my erg dronk. Wat het sy verwag.?

Hannelie ·

Pop ek vra ook daardie vraag. Hoe trou ‘n vrou met ‘n man met so ‘n geskiedenis…moordenaar.
En as ek tussen die lyne lees het hy sy vrou (nie eksvrou) buite haar vriend se woonstel met ‘n mes aangeval. Hopelik het sy nie rondgeloop nie. En is haar vriend niks meer as ‘n vriend nie. As dit die geval is, moes hy haar ook maar geskei het.

EMK ·

Die hele spul is gek – man, vrou, eks-vrou, vriend..die hele spul

Riaan ·

Vestaan julle nie nou wil julle selfs vir die vrou van die skuld gee.Nee hy is skuldig en daars geen verskoning vir moord.Dalk het sy nie geweet van sy verlede of sy ware kleure gesien en probeer aan beweeg.Hoe ook al jy doen nie wat hy gedoen het en hardloop weg en probeer dan skuil agter sielkundiges nie.Sy verwronge gedrag het gemaak dat hulle hom seker wil los.Daar word altyd gese hoekom loop die vrou nie in n verhouding as sy mishandel word.Want seker mense veroordeel haar dan ook .Die klomp groot monde wonder wat sou julle se as dit jou dogter was.

jakoos ·

Riaan, ai ou maat bedaar. Lees maar die berig mooi en jy sal verstaan hoekom daar vrae is. Niemand maak of die vrou onskuldig is nie. Maar dit is ‘n feit dat sommige vroue sommer net ‘n man vat en nie dinge mooi deurdink nie. Baie dinge kan verhoed word as vrouens DINK. Daarmee beskuldig niemand haar nie, mens hoop tog net ander leer uit wat hier gebeur het.

jakoos ·

Fout: derde sin moet wees – niemand maak of die vrou SKULDIG is nie…

Willem ·

Kyk net na die foto dan kan julle mos sien die ou in nie lekker 10/4 nie.

sjoe ·

Hierdie tipe het ‘n manier om mense om sy vinger te draai en teen die tyd wat jy agterkom wie en wat hy is, is jy al vasgevang. GEEN VROU sal willens en wetens met ‘n idioot trou wat sy eks vrou en vriend vermoor het onder ‘n Pshigose aanval nie. Anne-Marie het die lig gesien en die idoot het gedink die howe en almal het van sy vorige storietjie vergeet, wel ek hoop jy skyt hierdie keer dubbel en dwars vir almal wat jy al skade aangedoen het en nog wou doen. Almal wat by sy vorige vrylating betrokke is, het ‘n hand aan hierdie aanval en aan die wat nie gaan kla het nie sin ook, so ou sal net aanhou en aanhou tot hy regtig eendag nie meer kan nie – maw in ‘n tronk sit en geen vrou naby!

Liezl Louw Landman ·

Gaan lees ook sy Facebook blad – ongelooflik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.