PE-meisie (7) is verkrag, doodgeskok

Sonja Payi

Sonja Payi

ʼn 7-jarige meisie van Port Elizabeth wat Saterdag vermis geraak het, is doodgeskok en ook verkrag.

Sonja Payi het Saterdagaand vermis geraak. Sy is deur ʼn onbekende man ontvoer toe sy omstreeks 19:00 saam met ʼn 6-jarige maatjie na ʼn snoepwinkel in New Brighton gestap het. Die twee maatjies het glo uit die huis uitgeglip om aartappelskyfies te gaan koop.

Sonja se liggaam is Maandag in ʼn oop stuk veld in Struanway gevind.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het Woensdag bevestig ʼn nadoodse ondersoek het gewys Sonja is dood weens ʼn elektriese skok. Sy is ook verkrag.

Beetge het gesê die gebied waar Sonja se liggaam gevind is, is berug vir onwettige  elektrisiteitverbindings.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en verkragting. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

CommentQueen ·

Ai my skat. So vreeslik jammer. Jy is nog so onskuldig.

Jan maak n plan ·

Dan wil die regering weet hoekom is daar so baie boendoe howe. Ek dink die gemmenskap moet maar die skuldige uithaal en hom laat betaal.

Jammer ·

Eks so jammer die lewe het jou so behandel kleine prinses ! Dans heerlik by Jesus se voete

Jean ·

Die arme kind, sy word verkrag en doodgeskok en die ministers stry oor HAARSTYLE.

Eunice ·

Dit is die waarheid. n tragedie het ons familie ook getref waar n man my neef se meisie se dogterjie getref het met sy bakkie en sy is oorlede. Onskuldige kindertjies word dood gemaak, verkrag, gemartel, die wat so onskuldig is word so lelik dood gemaak en die wat dit doen leef so lank om meer sondes te pleeg. Dit is hartsverskeerend en lelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.