ʼn 7-jarige meisie van Port Elizabeth wat Saterdag vermis geraak het, is doodgeskok en ook verkrag.
Sonja Payi het Saterdagaand vermis geraak. Sy is deur ʼn onbekende man ontvoer toe sy omstreeks 19:00 saam met ʼn 6-jarige maatjie na ʼn snoepwinkel in New Brighton gestap het. Die twee maatjies het glo uit die huis uitgeglip om aartappelskyfies te gaan koop.
Sonja se liggaam is Maandag in ʼn oop stuk veld in Struanway gevind.
Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, het Woensdag bevestig ʼn nadoodse ondersoek het gewys Sonja is dood weens ʼn elektriese skok. Sy is ook verkrag.
Beetge het gesê die gebied waar Sonja se liggaam gevind is, is berug vir onwettige elektrisiteitverbindings.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en verkragting. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Arme ou dogtertjie!
Wat het van die maatjie geword?
Ai my skat. So vreeslik jammer. Jy is nog so onskuldig.
Ons lewe in ñ baie siek wêreld!!!
Dan wil die regering weet hoekom is daar so baie boendoe howe. Ek dink die gemmenskap moet maar die skuldige uithaal en hom laat betaal.
Die vark