PE-mesaanval: Man hoor dan oor verhoor

Martin en Anne-Marie Stevens. Foto: Facebook

Martin en Anne-Marie Stevens. Foto: Facebook

Martin Stevens (49), wat daarvan beskuldig word dat hy sy vervreemde vrou verskeie kere met ʼn mes gesteek het, het Maandag vlugtig in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Stevens moet op 5 April weer in die hof verskyn wanneer daar op ʼn verhoordatum besluit sal word.

Stevens staan tereg op ʼn aanklag van poging tot moord nadat hy glo in Oktober 2015 sy vervreemde vrou, Anne-Marie (45), buite ʼn vriendin se woonstel in Sydenham oorval en verskeie kere met ʼn mes gesteek het. Stevens het homself destyds, kort ná die voorval, aan die polisie oorgegee. Maroela Media het in Julie verlede jaar met Anne-Marie gesels oor hoe haar lewe onherroeplik verander het ná die aanval.

Stevens is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy word deur die bekende prokureur Alwyn Griebenow verteenwoordig. Anne-Marie het destyds aan Maroela Media gesê sy leef in vrees nadat Stevens op borgtog vrygelaat is.

Stevens is in 2000 aangekla van moord nadat hy sy eerste vrou, Hettie, en haar vriend, Colin Rosslee, doodgeskiet het. Hy het homself daarna geskiet, maar dit oorleef. Stevens is destyds vrygespreek nadat die hof bevind het hy het ʼn sielkundige ineenstorting gehad ten tyde van die moorde.

Lees alle vorige berigte oor Martin Stevens op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Voorlaaier ·

Lyk vir my die man maak i gewoonte daarvan om sy vrouens dood te maak!…

Pendoring ·

Jakkals verander van hare maar nie van streke. Kyk mooi, hy gaan weer daardie selfde verskoning probeer gebruik. Dit het mos eenkeer vantevore gewerk.

Ogies ·

Daar sal wel weer ‘n vrou wees wat hom onder die vlerk nee. Kyk hoe baie vroulike bewonderaars het sadistiese reeksmoordenaars soos Ramirez en Bundy gehad.

Lotham ·

Mense wat opsoek is na ‘n lewensmaat moet eers alles gaan lees oor psigopate. Dit kan jou lewe red.

ken van benoni ·

Hy het homself nou al bewys, hy sal nooit verander nie —- gee hom ‘n tak en tou!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.